Bedrywige Mej Fees Finaliste

Bedrywige Mej Fees Finaliste

Gansbaai Courant

Die 7 finaliste vir die Mej Fees van die Ganse tydens ‘n besoek aan BARC se hokke, agter vlnr Rigardo Plaatjies (organiseerder), Shahida Jacobs, Tertia Pietersen, Renayacia Pietersen, Claudia Weich, Cameron Stephens, Mariska Maers en Shane Aukamp. Voor vlnr sit Antonie Jordaan (BARC), Elzaan van Lill en Gavin Hughes (BARC)

Vanjaar se Mej Fees van die Ganse se finaliste was reeds vóór die finale aanwys van Mej Fees van die Ganse en haar twee prinsesse, behoorlik bedrywig. Hulle het kort voor die finale aankondiging besoeke by Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) se hokke, Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes en Silwerjare Dienssentrum afgelê - onwetend van wie vanjaar se wenners sou wees.

Die groep is deur die 2012/13 Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill, asook die organiseerder van hierdie jaarlikse kompetisie, Rigardo Plaatjies van die Gansbaai Toerismekantoor vergesel. By BARC se hokke was dit die ene lieftallige gedoentes met vrae wat gevra is, selfoonfoto’s wat geneem is en trane wat wou-wou loop oor diere sonder liefdevolle huise. Antonie Jordaan (Veldwerker) en Gavin Hughes (Opsigter) moes behoorlik bontstaan om hierdie aangedane finaliste se vrae te beantwoord. “Tans is daar 14 katte in ons kattehok, ‘n teef met 7 pragtige kleintjies en selfs ‘n konyn wat na liefdevolle eienaars op soek is,” het Antonie gesê.

Algemene navrae rakende BARC en/of skenkings kan aan Annalie Jonker by 082-826-0631 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za. Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.

Vandaar is die groep finaliste na genoemde twee Tehuise vir Bejaardes. Daar is opregte aandag aan die inwoners gegee, geselsies is met hulle aangeknoop en belangstellende vrae is gevra. Intussen is die wenners tydens die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies aangekondig: 2013/14 se Mej Fees van die Ganse is Mariska Maers, met haar 1ste Prinses as Tertia Pietersen en haar 2de Prinses as Renayacia Pietersen. Lees meer oor hierdie drie jonge dames in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant.

Hardus Botha

Bedrywige Mej Fees Finaliste

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant