Gansbaai Marine se Donasies

Gansbaai Marine se Donasies

Gansbaai Courant

Oorhandiging van Gansbaai Marine se donasies, met voor vlnr rdh Pieter Scholtz, Sybill October, Jacoba Europa, Lanita Marais en André Coetzee (Gansbaai Marine). Agter vlnr is Tommy Wilson, Eben van der Merwe, Tommy Volkwyn, John van Rooyen en Kat Myburgh, met Mirriam Cekiso op die inlasfoto.

Hy is deur rdh Pieter Scholtz, Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester tydens die onderskeie oorhandigings bygestaan, met mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, wat ook teenwoordig was.

Vanjaar se dankbare ontvangers van die welkome donasies is: John van Rooyen, bestuurder van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (R10,000); Jacoba Europa, bestuurder van Silwerjare Dienssentrum (R10,000); Tommy Wilson, skoolhoof van Gansbaai Academia (R15,000); Eben van der Merwe, skoolhoof van Laerskool Gansbaai (R15,000); Tommy Volkwyn, skoolhoof van Gansbaai Primêr (R15,000); Mirriam Cekiso, skoolhoof van Masakhane Primary School (R15,000); Sybill October, skoolhoof van De Bron Primêre Skool (R2,000) en Lanita Marais, in beheer van De Klein Gansies Kleuterskool (R1,500).

In totaal dus ‘n allemintige R83,500 uit Gansbaai Marine se beursie.

Rdh Scholtz, asook mnr Myburgh, het hul opregte dank en waardering teenoor Gansbaai Marine uitgespreek en die vertroue uitgespreek dat die fondse in die lig van moeilike ekonomiese omstandighede doeltreffend deur die onderskeie instansies aangewend sal word.

Die dankbare groep het daarna gesellig met Gansbaai Marine se verversings verkeer.

Hardus Botha

Gansbaai Marine se Donasies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant