Vriende van Afrikaans by Gansies

Vriende van Afrikaans by Gansies

Gansbaai Courant

Vlnr is Jessica Geldenhuys, Chareldine van der Merwe, Amanda de Stadler, Hannes Mentz en Lanita Marais tydens die oorhandiging van ‘n trommel met boeke deur Vriende van Afrikaans

Drie kleuterskole het onlangs elk ‘n boektrommel ontvang wat deur Vriende van Afrikaans geborg is. “Hannes Mentz van Franskraal is ‘n lid van Vriende van Afrikaans. Hy sê lede word versoek om kleuterskole in dorpe te identifiseer aan wie Afrikaanse kinderboeke dan geskenk kan word,” vertel Lanita Marais van De Kleine Gansies.

Die ander twee kleuterskole wat boektrommels ontvang het, is Cool Kids Kleuterskool en Flower Valley Early Learning Centre. Amanda de Stadler van Vriende van Afrikaans en ook redakteur van Doendinge vir Afrikaans, het saam met Chareldine van der Merwe van die Kaap af gekom om die oorhandigings waar te neem, met Hannes wat ook teenwoordig was. Voorskoolse lees- en storieboeke, asook plakkate, is in die boektrommels wat deur die kleuterskole benut kan word. Amanda se afskeidsboodskap aan Lanita was: “Dit sal gaaf wees as julle so een maal per jaar laat weet hoe die boeke benut is en onthou om elke dag ‘n storie daaruit aan die kleuters voor te lees!”                                                    
            
Hardus Botha

Vriende van Afrikaans by Gansies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant