Seniors rustig tot 2014

Seniors rustig tot 2014

Gansbaai Courant

Gansbaai Seniorklub se lede tydens hul jaareindfunksie wat spoggerig vir ‘n foto poseer, met Angela Caie voor links


Gansbaai Seniorklub het onlangs ‘n interessante Jaareindfunksie gehad. Vanjaar was hulle tema: “Trek aan soos jou gunsteling film- of boekkarakter”. Dit het aanleiding tot heelparty “eienaardige” klere-uitrustings gegee. Die groep het hul funksie in die Katolieke Kerksaal aangebied en daar is behoorlik met allerlei uitrustings gespog.

“Vanjaar het ons besluit om geen geskenke aan mekaar te oorhandig nie,” vertel Angela Caie, leier van die groep. Sy sê hulle het besluit om eerder die geskenke se geld bymekaar te gooi en dit vir liefdadigheid aan te wend. Hierdie mooi gebaar van hulle het gesorg vir ‘n ekstra donasie aan BARC en aan die Gansbaai Lionsklub. Juanita Hage het gesorg vir ‘n smaaklike Kersete waarmee die seniors hul jaar kon afsluit. Die groep aktiewe lede (en aktief is hulle beslis!) van Gansbaai Seniorklub gaan nou bietjie tot ruste kom en sal vanaf einde Januarie 2014 hulle aktiwiteite voortsit.

Belangstellende senior burgers, mans en dames, kan vir Angela Caie by 084-431-9272 skakel.                                               

Hardus Botha

Seniors rustig tot 2014

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant