Birkenheaders beloon

Birkenheaders beloon

Gansbaai Courant

‘n Deel van die trofeë- en sertifikaatwenners van die Birkenhead Boothengelklub, met voor vlnr Philip Fourie, Raymond Rabe en Elna van Zyl. Agter vlnr is Gawie Krugel, Johan Burmeister, Jean Downing, André Hattingh en Piet van Zyl

Die bekende Birkenhead Boothengelklub se vissermanne en -vroue is ná ‘n jaar se boothengelkompetisies met vele sertifikate en trofeë beloon. Die oorhandiging van sowat 25 trofeë en sertifikate, asook sertifikate aan alle lede wat in die tweede plekke geëindig het, het tydens die klub se Jaareindfunksie op Saterdag, 30 November geskied. Die toekennings geld vir ‘n verskeidenheid van kategorieë van swaarste visse wat ingeweeg is.

Vanjaar se top-presteerders is:

Algehele Visvangkampioen - Johan Burmeister (98kg), met Gawie Krugel 2de met 77.36kg;
Algehele Bootkampioen - Nu-Nu (93.97kg) van Johan Burmeister en Gawie Krugel, met Jay-Bee 2 (53kg) van Piet van Zyl 2de;
Dame Visvangkampioen - Elna van Zyl (50kg), met Dixie Walsh (35kg) 2de.

Die res van die aand was “partytjie-tyd”, met Mornay en Charmaine Fourie van Red Pepper Spyseniers wat vir ‘n smaaklike ete gesorg het. Soos gebruiklik het Raymond Rabe met sy Musiekfabriek gesorg dat die res van die aand gesellig verloop. Die klub se Algemene Jaarvergadering is die vorige aand gehou, met etlike positiewe besluite wat vir die nuwe jaar geneem is.

Die 2014-GenCom (Bestuur) is soos volg: Philip Fourie (voorsitter), Manie van Dyk (visie-voorsitter), Lorainne Fourie (sekretaris), Johan Burmeister (wedstrydsekretaris/veiligheidsbeampte), Johan Wiese (tesourier), Gawie Krugel (onderhoudsbeampte) en Hardus Botha (skakel-/mediabeampte). Raymond en Roza Rabe het hulle uittrede as bestuurslede aangekonding. Altwee was deel van die stigterslede op 21 Junie 1988 - 25 jaar gelede. Raymond dien sedert 1998 op die bestuur, met Roza wat sedert 1999 ‘n bestuurslid is. 

Sedert 2003 dien Raymond onafgebroke as voorsitter, ‘n tydperk van 10 jaar. Hulle het besluit dat “rustyd” aangebreek het, maar sal steeds as aktiewe lede van die klub aanbly. Kennis kan nou reeds van die Birkenhead Boothengelklub se jaarlikse en gewilde Oujaarsdans op 31 Desember geneem word.

Kontak gerus vir Roza (082-890-6397), Johan (084-680-1269), (Philip (082-747-3634) of Lorraine (083-450-3653). 

Hardus Botha

Birkenheaders beloon

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant