Karate prestasies

Karate prestasies

Gansbaai Courant

Gansbaai se karate-lede wat sertifikate ontvang het, met voor vlnr TJ du Plessis, E van der Westhuizen en M Boshier, Agter hulle vlnr is M Herselman, R King, O Viljoen en D Boshier, met hulle Sensei, Ronnie Knott, agter.

“Die Karate-Ka van Gansbaai doen besonders goed en ek is steeds baie tevrede met hulle vordering, asook hulle prestasies wat hulle tot op datum bereik het,” sê Sensei (afrigter) Ronnie Knott. Op 26 November is hulle suksesvol in die onderskeie gordel-kategorieë gegradeer. Op Saterdag, 30 November het die Suid-Afrikaanse Japanse Karate Assosiasie (SA JKA Karate) hulle 9de jaarlikse spankompetisie gehou en 5 Gansbaaiers het medaljes ontvang: TJ du Plessis, M Herselman, R King, M Boshier en D Boshier.

Hierdie groepie, asook E van der Westhuizen, O Viljoen, ook van Gansbaai, is almal ook met sertifikate en gordels beloon nadat die swart-gordel demonstrasies afgehandel is. Ronnie self het ook ‘n “kata”-demonstrasie tydens die byeenkoms aangebied.

Ronnie het in 1973 met karate begin en beskik oor die Graad van Swartgordel, 5de Dan. SA JKA Karate is direk met die Japanese Karate Assosiasie (JKA) geaffilieer, wat as die grootste karate organisasie ter wêreld beskou word. In Gansbaai kan kinders vanaf die ouderdom van 6 jaar by die klub aansluit en hulle oefen elke Dinsdag in Gansbaai Inligtingsentrum vanaf 14:30 tot 15:30. Sensei Ronnie Knott kan by 083-800-9728 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by senseisajka@hermanus.co.za.

Hardus Botha

Karate prestasies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant