Die Werf BBos Wyne

Die Werf BBos Wyne

Gansbaai Courant

Vlnr sit Lalainya (dogter) en Stanley (skoonseun) Carpenter, Albert en Helena Swart en Marion Strach, vriendin uit Hamburg tydens Albert se wynproe-aanbieding van sy De Werf Wyne by Baardskeerdersbos

Die jaarafsluitingsfunksie van Gansbaai Wynproegilde te De Uilenes van Flippie en Staci Groenewald, het vanjaar vir “ekstra” opgewondenheid gesorg. Twee lede van die Wynproegilde het hul eie en “baie jong” wynkelder, Die Werf - B’Bos Wyne, se wyne te-proe aangebied. Albert Swart is die eienaar en wynmaker van Die Werf - B’Bos Wyne, met sy eggenote, Helena, as mede-eienaar en bemarker van die wynkelder in Baardskeerdersbos, sowat 3km buite Baardskeerdersbos. Helmie de Vries, voorsitter, het die Wynproegilde se trots teenoor die egpaar uitgespreek. Albert het met ‘n vriendin van hulle, Caroline van Baardskeerdersbos se versnit, ‘n Celestina Saugvinon Blanc Semillon (2012) begin, waarna hy sy eie wyne aangebied het. Twee van sy witwyne is geproe: Kappokbossie - Semillon 2013 en Vleitjie - Sauvignon Blanc 2013. Albert se drie rooiwyne is: Uitspan - Carbernet Saugvignon 2011, Rooipypie - Pinotage 2012 en Baardslaagte - Shiraz 2011. Sterk silwer-toekennings is deurgaans deur die gaste gemaak.

Ná ‘n lang beroepslewe, koop hy die plaas by Baardskeerdersbos in 2000 om uiting aan sy jarelange liefde vir die wynbedryf te gee. Hy begin eers later met die aanplant van wingerde en in 2009 begin hy met die maak van sy eie wyne. Die bou van ‘n Deli & Wynproelokaal in Baardskeerdersbos se hoofstraat is aan die gang en behoort teen Maart/April 2014 gefinaliseer te wees. Albert het geen formele opleiding in die wynbedryf deurloop nie, behalwe vir twee naweekkursusse aan die Universiteit van Stellenbosch. Mornay en Charmaine Fourie van Red Pepper Spyseniers het vir ‘n smaaklike ete gesorg en die wynproeërs het tot laataand gesellig saamverkeer.

Vanjaar was dit Gansbaai Wynproegilde se 5de verjaardag, nadat dit op Dinsdag, 11 November 2008 deur Helmie en ‘n paar belangstellendes gestig is.

Vir bestellings en aflewering kan Helena by 079-528-1919 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by tolbos@mweb.co.za. 

Hardus Botha

Die Werf BBos Wyne

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant