Hoe rerig is Kersfees

Hoe rerig is Kersfees

Gansbaai Courant

Met die eerste Kersfees in ons Franskraal-huis het ek die boonste  en onderste vensters totaal toegeverf met die Kerstoneel. Sewe jaar het verbygevlieg en drie kleinkinders het bygekom.  Nou is éintlik die tyd  vir ‘n Kerstoneel. Terwyl ek teken en skilder onthou ek Kerstyd in my ouerhuis.  Mamma het vroeg in Desember al begin Kersliedjies sing en ons het agterna gegaan. Was daar ooit mooier liedjies as in die Halleluja?

Ons Kersversierings was die Kerstoneel en engele, niks anders nie. Op die eetkamertafel, op die buffet se boonste rakkie, op die klavier.  Die agterkante van Post Toasties bokse het jaarliks uitknip-vou-en-plak  patroonplate gehad.  Later het ons ons eie, groter tonele gemaak en dit in ‘n groot boks  monteer met ‘n kers só geplaas dat dit lyk na die Betlehem-ster wat die toneeltjie belig. Eers in ons tienerjare het ons begin om die meer kommersiële versierings aan te bring.

Vandag is Kersfees een groot kommersiële affêre wat my tot weemoed stem. Alles wat mens sien, is eintlik ontleen aan die heidense Joel (Yule),  ‘n oer-oue winterfees uit die Noordelike halfrond, wat gevier word om die wedergeboorte van die son te vier. Dit val dan ook saam met die langste dag en die kortste nag, ‘n paar dae voor ons amptelike Kersdag.

By hierdie geleentheid word ‘n immergroen “boom van lewe” en in die huis staangemaak en versier. Vandaar die immergroen denneboom wat ons deesdae gebruik. Saam of sonder die boom word ‘n dik stomp afgesny, met immergroen loof versier en met meel besprinkel voordat dit in die kaggel brandgemaak word met die oorblywende stomp van die vorige jaar. Hierdie tradisie dra ons voort in die “chocolate log” rolkoek wat ons Kerstafels versier, kompleet soos ‘n stomp versier en met versiersuiker besprinkel. Die brand van die stomp simboliseer krag aan die nuutgebore son en word na die twaalfde dag uitgedoof en gebêre tot die volgende jaar. Ook hierin neem ons die geloof oor dat ‘n Kersboom wat vir langer as twaalf dae staan, ongeluk oor die huis sal bring.

Die gebruik om huls, klimop en voëlent binne en buite op te hang,  is vir paganiste ‘n uitnodiging vir natuurgeeste om geluk oor die huis en sy mense te bring. Ander joel-versierings wat ons ons eie gemaak het, is  die kleure rooi, goud, groen en silwer. Ook die liggies waarmee ons huise versier, is ‘n paganistiese instelling en versinnebeeld die nuwe geboorte van die son.

Wat vir Christene ‘n Christusfees moet wees, word dus totaal oorheers deur ‘n heidense tradisie. Soos wat kinders tydens joel van deur tot deur geskenke uitdeel en kollekteer, oorlaai ons mekaar ook met geskenke. Of, gee ons dit omdat die wyse manne hulle geskenke vir Jesus gebring het?

Wie was die wyse manne?  Astroloë, waarsêers wat  volgens die Ou Testament gestenig moes word?  Tog was Daniël droomverklaarder aan die hof van Nebukatneser en het God hom op wonderbaarlike wyse gebruik. Kom ons glo dat die wyse manne uit die ooste nasate van Daniël was wat gehandel het volgens sy profetiese voorspelling van die geboorte van die Messias.

En wanneer is Jesus eintlik gebore? Dit bly steeds ‘n vergissing. Sommige kenners beweer dit moes tydens Maart of April gewees het, eerder as Desember.  Ons Kersprentjies wys die herder met sy skape in ‘n wolklose hemel waar die ster blinkhelder oor Betlehem hang. Met Desember in die hartjie van ‘n Noordelike winter is die kanse uiters skraal dat skape in die veld sou wees.

Die datum van 25 Desember is in die vierde eeu deur die ooste en die weste as die regte dag aanvaar. Het dit ook iets te doen gehad met die paganistiese viering wat toe lank reeds aan die gang was?

Met al hierdie vrae rondom Kersfees, kan ek nie dankbaar genoeg wees vir my ma se Halleluja Kersliedjies wat sy met haar pragtige altstem gesing het en vir die Post Toasties boks kriptonele  wat  in my vormingsjare die enigste Kersversierings in ons huis was nie.

My ideale Kersdag is ‘n dag van stilte en oordenking. Ek wil vir my kleinkinders oor en oor Die Storie vertel terwyl ons saam inkleur, knip en bou aan ons eie Kerstoneel.  Ek is bevrees die paganistiese invloed is besig om die oorhand te kry. Geskenke is belangriker as die Boodskap. En dit mag nie!

Carine Badenhorst

Hoe rerig is Kersfees

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant