Kersvader deel uit

Kersvader deel uit

Gansbaai Courant

Hier word daar aandagtig na Hettie Oosthuyzen se storie geluister, maar in groot afwagting vir Kersvader se geskenke

Kersvader se onlangse besoek aan Gansbaai-kinders in die NGK se Kleinsaaltjie het vir groot genot en opwinding gesorg. “Ek en vriende van my reël reeds vir die afgelope 4 jaar hierdie Kersvadergeleenthede, maar vanjaar het Santa Shoe Box Project by ons ‘ingekoop’ en ons het dit saam aangepak,” vertel Maretha Geldenhuys. Sy het as organiseerder van die dag opgetree en al die nodige reëlings getref, terwyl Adri Viljoen-Nel van die Kaap (Santa Shoe Box Project) as fasiliteerder opgetree het. Hulle het ook die geskenke voorsien en die gewilde skoenbokse vir die kinders voorberei. Die opgewonde kinders het met blink ogies toegekyk toe Kersvader (Ockie Viljoen) met sy bloedrooi mondering opdaag.

Hy is deur twee vriendelike “Elfies”, geklee in groen, vergesel - Adri en haar dogter, Tiffany-Leigh Jibson. Sowat 70 kinders het vóór die groot oomblik van geskenke ontvang, eers na Hettie Oosthuizen se lekker stories geluister wat sy aan hulle vertel het, soos net sy dit kan doen. Daarna was dit Kersvader se beurt en, bygestaan deur die twee “Elfies”, is die kinders se name een vir een uitgelees om hul geskenke te ontvang.

Die oopmaak van die geskenke het vir groot opwinding gesorg en “hoor en sien’ het omtrent vergaan. Daarna was dit tyd om met smaaklike verversings bederf te word, wat eweneens terdeë geniet is. Maretha dra graag haar dank en waardering oor aan die Santa Shoe Box Project, Kersvader en sy twee “Elfies”, Hettie Oosthuizen, Gansbaai Superspar en Gansbaai OK Foods

Hardus Botha

Kersvader deel uit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant