Ontmoeting met Heiliges

Ontmoeting met Heiliges

Gansbaai Courant

Voor vlnr is prof Robert Vosloo en dr Lisel Joubert. Agter vlnr is Nicolette Bosch van Gansbaai Book Exchange, Deon Joubert saam met Tersia en Johan Coetzee van Naledi Uitgewers

Die bekendstelling van Lisel Joubert (dr) se boek, Ontmoeting met Heiliges, het tydens ‘n gesellige funksie in Gansbaai Book Exchange van Nicolette Bosch plaasgevind. ‘n Groot aantal gaste het die verrigtinge bygewoon en nadat die formaliteite afgehandel is, is daar gesellig met verversings saamverkeer. Lisel is deur haar eggenoot, Deon en hulle kinders, Maya en Frederik (aan wie sy die boek opgedra het), asook haar ouers, Theuns en Anita Kruger vergesel. Die uitgewer van die boek, Johan Coetzee van Naledi Uitgewers en sy eggenote, Tersia was ook teenwoordig, asook prof Robert Vosloo, dosent in Ekklesiologie aan die Fakulteit Teologie, US.

“’n Boek soos hierdie kan in sentiment verval, wat hier nie die geval is nie,” het prof Vosloo gesê. “Mense leef in vergeetagtigheid oor Bybelse kontekste en hierdie boek dra by tot die verstaan daarvan en derdens kan ‘n boek soos hierdie ‘n versoeking wees om Christelikheid te vergeestelik, maar nou word die leser daaraan herinner hoe diep hierdie ‘heiliges’ werklik gedryf is. Lisel se boek handel oor verhale van hoe spesifieke mense hulle geloof geleef het. “Waarom word sekere mense deur hulle tydgenote en ook deur latere generasies as ‘heiliges’ onthou? In hierdie boek nooi ek die leser om saam daaroor te wonder.” - Lisel. Naas etlike interessante agtergrondginligting, asook verduide-likings oor die begrip “heiliges” vanuit verskeie perspek-tiewe, word bykans 60 “heiliges”, bekendes en minder bekendes, volledig bespreek. Enkele voorbeelde hiervan is Martin Luther, Johannes Calvyn, John Wesley, Augustinus en Karl Barth.

“Ek is oortuig daarvan dat hierdie lewensverhale van gister ook ons lewensverhale van vandag kan verryk - al kan ek my nie vereenselwig met die insigte en optrede van ál die persone van wie ek hier gaan vertel nie,” - Lisel. Die boek is teen R160 by Gansbaai Book Exchange (084-778-2810), Gateway Centre beskikbaar.

Hardus Botha

Ontmoeting met Heiliges

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant