Blompark Tuinboukompetisie

Blompark Tuinboukompetisie

Gansbaai Courant

Die deelnemers aan Gansbaai Toerisme se Tuinboukompetisie, met heelagter vlnr Johan Pieterse (voorsitter), Glenda Kitley (bestuurder), Gina Boysen en Katriena Adams heel regs, met “Oom” Freek (2de) links van haar. Voor (middel) sit Johnny Dyk (1ste) tussen die 3de prys-delers Nettie Kapot en Piet Temmers. .  (Foto: Johan Pieterse)

Die Tuinboukompetisie in Blompark, wat deur Gansbaai Toerisme se Ontwikkelingsportefule aangebied is, het suksesvol verloop en elf huishoudings het deelgeneem. Die twee betrokkenes van die Ontwikkelingspan is Gina Boysen wat vir Masakhane verantwoordelik is, terwyl Katrina Adams na Blompark omsien. Katrina het die inwoners van Blompark vir mooi tuine, groentetuine ingesluit, gemotiveer en haar tema was “Maak die mense van Blompark trots op Blompark”. Die resultate van die kompetisie was baie positief en puik tuine en groentetuine het in die proses tot stand gekom. “Ons vertrou nou dat hierdie resultate daartoe sal bydra dat die projek volgende jaar sal groei en dat meer inwoners daaraan sal deelneem,” sê Gina.

Die 1ste prys is deur Johnny Dyk verower, met “Oom” Freek, ‘n pensioenaris 2de. Die 3de prys is deur Piet Temmers en Nettie Kapot gedeel. “Nettie het beslis groenvingers en elke stiggie wat sy insit, groei,” vertel Katrina. Die res van die deelnemers het elkeen ‘n troosprys (sjokolade) ontvang vir die moeite wat hulle gedoen het. Gina sê sinvolle wenke is ook tydens die proses aan deelnemers oorgedra. In Masakhane fokus Gina hoofsaaklik op die aanplant  van groente by Masakhane Primary School.

Eko-skole het gehelp om draad, pale en nette vanaf I&J te kry vir die omheining van die groentetuin en die “planters” was me Zweni, die Ekogroepie en Gina. Die span het ook ‘n borgskap van Gansbaai Toerisme ontvang vir ‘n taxi na die Klipgatgrotte, waar hulle sommer baie geleer het. Die Ontwikkelingspan verleen ook elke Woensdag hulp met ekstra Engelse- en Wiskunde klasse.

Hardus Botha

Blompark Tuinboukompetisie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant