Carols reuse sukses

Carols reuse sukses

Gansbaai Courant

Vanjaar se Carols by Candlelight in Gansbaai se hawe deur die Gansbaai Lionsklub was ‘n pragtige byeenkoms. Dit is baie goed deur minstens 200 mense bygewoon, indien dié wat in hul motors gesit en luister het, bygetel word. Gansbaai Ministers Fraternal was vanjaar aktief betrokke, wat hierdie jaarlikse spesiale byeenkoms nog meer interkerklik van aard gemaak het.

Links en regs is twee van die organiseerders, Jill en John Collings, met van die eerstes wat brood- en visbestellings kom afhaal het, Ena Geldenhuys (Tuisversorging) en past Ronnie Dyk (AGS-Ebenhaezer) agter die vis en brood wat uitgedeel is

Nadat ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Ministers Fraternal met gebed geopen het, het die program vlot verloop. Past Frikkie Zeelie het die volledige verhaal van Christus se geboorte uit die Bybel voorgelees: vanaf die vooraf aankondigings deur Engele aan Maria tot by die geboorte, Herodus se navrae “met ‘n agenda” en die tydperk daarna. Sy voorlesings is gereeld op sinvolle plekke gestaak vir die gesamentlike sing van goed-gekiesde Kersliedere.



Die voorsangers was weer die bekende Dirk en Eva Büchner, Mike Schröder en Adri Ehlers, asook past Beryll Coetzer, met Elize Schröder agter die klankstelsel. Ivy van Huyssteen van Gansbaai Lions het al die kinders bymekaar laat kom en hulle van interessante los “Bybelse kledingstukke” en kopdoeke (wyse manne, skaapwagters en engele) voorsien wat hulle opgewonde kon aantrek. Hulle het vir die res van die byeenkoms stroopsoet voor langs die voorsangers gaan sit, met natuurlik lekkergoed wat deur “Tannie Ivy” uitgedeel is.

‘n Groot gebaar wat saam met die byeenkoms gepaardgegaan het, was die versoek dat mense ‘n brood moes saambring - met sowat 150 brode wat toe saamgebring is. Voorts het Oceana Brands Ltd ‘n enorme borgskap van 1,000 blikkies Lucky Star ingelegde vis geskenk. Daar is vooraf met verskeie liefdadigheidsorganisasies en kerke gereël vir hoeveelhede wat op Maandag, 23 Desember by Gansbaai Family Church afgehaal kon word om aan behoeftiges uitgedeel te word.

Hardus Botha

Carols reuse sukses

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant