Woensdag
Pragtige veld van 31 spelers. Die kompetisie (enkel Stableford ) is gewen deur Daan Victor met 'n kolossale 44 punte.
Hy is gevolg deur Steve Muller (39) George Hunt (38) En Daniel van der Merwe (35).
Geluk aan Daniel Van der Merwe met sy Arend op no. 1. Naaste aan Penne was Charlie Bent (2&11) en Tony Sauter (8 & 17).
Vrydag nege-putjie Kompetisie
Gewen deur C Bent (19) en gevolg deur T Sauter (18), D van der Merwe (18), F van Eeden (18), A Roos (17) en A Coetzee (17).
SATERDAG GANSBAAI CLASSIC 21 DESEMBER
Die Jaarlikse kompetisie was weer eens 'n groot sukses. Die verskil van vanjaar se Classic was dat al die pryse en onkostes deur van ons eie lede gedra is. Die natgat was geborg deur Bev Swart en Steve Muller. Sanlam (Louis Van der Vyver) het ook baie bygedra. Dankie ook aan JJ Plumbing vir hulle bydrae.
Daar was ook 'n broodtafel soos net Ria en Awie dit kan voorberei.
Die eerste drie plekke is deur M Tobias (43), J Nell (43) en Rob Jerrard (42) ingeneem.
Pryse is aan 23 spelers gegee.
Naaste aan die penne was: Bobby Brandt, Daniel van der Merwe, Tony Sauter en die langste put, S Wessels.
Jannie Brandt
Navrae: Gansbaai Gholfklub, 028 384 1441 Andre of Leon
Rob Jerrard, M Tobias en J Nell
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More