SAKEKAMER se Wenner GHOLFDAG

SAKEKAMER  se Wenner GHOLFDAG

Gansbaai Courant

Die wenners van die Gansbaai Gholfdag, Mossie Mostert en Bobby Brandt met Rene Beukes

Met die Gansbaai Sakekamer se gholfdag op 28 Desember 2013, het René Beukes (organiseerder) weer eens gesorg vir ‘n wenner op die Sakekamer jaarprogram. Onder haar bekwame leiding en met die goeie samewerking van die Gansbaai Gholfklub, is ‘n dag van goeie kompetisie, lekker eet, kuier, en ‘n opwindende prysuitdeling aangebied.

Altesaam 92 spelers het deelgeneem en elkeen het ‘n prys ontvang! Die eerste prys van R5 000 kontant is deur Freddie Engelbrecht van Engelbrecht Roofing & Steel geborg en gewen deur Bobby Brandt en Mossie Mostert. Tydens ‘n gesellige prysuitdeling het die klubkaptein, Bev Swart, ook die res van die pryse uitgedeel.

‘n Bekende afgetrede afslaer van Vleissentraal, wie veral bekendheid verwerf het as afslaer op wildveilings, mnr Willie Roux (vader van René Beukes), het al die pad van Louis Trichardt in Limpopo in Gansbaai kom kuier om ‘n versameling gewilde wyne op te veil. Sy vermoë om ‘n buffel vir R40 miljoen op te veil, het hy pragtig gedemonstreer deur die wyne teen ‘n mooi bedrag van bykans R5000 verkoop te kry.

Die gholfklub, Ria van der Merwe en Jorine van der Merwe van Kleinbaai het gesorg vir ‘n heerlike ontbyt, asook middagete wat by die prys van die baanfooie vir die spelers ingesluit was. Al die dames wat daar betrokke was, moes bontstaan om al die honger mae te vul – iets wat hulle met groot welslae reggekry het. Die kos wat oorgebly het, is aan die tehuise vir bejaardes in Gansbaai geskenk. Gansbaai Sakekamer is baie dank verskuldig aan al die besighede en individue wat as borge opgetree het in die vorm van pryse en kontantbydraes.

Hulle is: Engelbrecht Roofing and Steel, Prime Cut Meats, Boland Makelaars, Dala Builders, Omega, Gansbaai Matte, The Fish Barrel, White Shark Projects, C M du Plessis Rekenmeesters, Marine Dynamics, Searose self-catering accommodation, Droid Gansbaai Explore, Suidsee Wireless, Lifelong Aluminium Gutters CC, Gansbaai Apteek, Seeff Eiendomme, White Shark Guest House, White Shark Adventures, Grootbos, Indulge, Fine & Country Overberg, Gansbaai Sand en Klip, PSG Gansbaai, Safe Security Systems, Cliental Life, Gansbaai Superspar, Elize & Kenny Aitken, Raka Wines, SAB, Gansbaai Wassery, Biltong & Nut Corner, Overberg Scaffold & Machine Hire, Gansbaai Elektries Bk, OK Foods Gansbaai, J & A Paneelkloppers, CNC Sweis en Staal, The Pro Shop Somerset Wes, Fairy Glen Game Reserve en Lighthouse Tavern.

Almal se insette het uiteindelik gelei tot ‘n netto inkomstesyfer vir die dag van bykans R17000. Hierdie fondse sal deur die Sakekamerbestuur aangewend word tot voordeel van Sakekameraangeleenthede waarby die hele sakegemeenskap baat sal vind.  Die sukses van hierdie heel eerste gholfdag vir die Sakekamer sal heel waarskynlik daartoe lei dat dit ‘n jaarlikse instelling word.

Harry de Jager

SAKEKAMER  se Wenner GHOLFDAG

Harry de Jager

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant