Dyer Eiland Visserye se South West Condor

Dyer Eiland Visserye se South West Condor

Gansbaai Courant

Dyer Eiland Visserye se South West Condor

‘n Verdere stokvis-treiler is gedurende Augustusmaand by Dyer Eiland Visserye van Bertie Ramsauer se vloot gevoeg. Die South West Condor het behoorlik ‘n gedaanteverwisseling ondergaan om soos ‘n splinternuwe boot te lyk. Ds Deon Kloppers van die OMGEE-gemeente het die boot gedurende die eerste week van Desember ingeseën, waarna dit voluit in bedryf gestel is, met ‘n ervare José Ornelas as Skipper.


Bertie Ramsauer van Dyer Eiland Visserye, saam met sy dogters wat almal by die Vissery betrokke is, met vlnr Ronel, Charlene en Lorraine

Bertie en sy eggenote, Lorraine, asook hulle drie dogters Ronel, Charlene en Lorraine (Besturende Direkteur) is almal by Dyer Eiland Visserye betrokke. “Ons sorg elke week vir vars stokvis in Gansbaai,” vertel Bertie. “Ons vang hoofsaaklik uitvoer-stokvis, met prima kwaliteit wat uitgevoer word, waarvan ‘n gedeelte vir plaaslike verkope in Gansbaai uitgehou word.” Hy verduidelik dat langlyn stokvis ‘n nuwe dimensie aan huishoudings gebring het. Die vis word nie in nette beskadig en op mekaar gedruk nie, maar word een-een in ys verpak, wat ‘n vars produk tot gevolg het.

“Langlyn vangstes sorg ook vir werkverskaffing, aangesien daar byvoorbeeld op die South West Condor tussen 20 en 25 bemanningslede is,” sê hy. Hulle stokvis word binne ‘n omtrek van ±200 seemyl vanaf Gansbaai gevang. Dyer Eiland Visserye het onlangs ‘n groot terugslag ondervind. Hulle stokvis-treiler, die St Croix, het tydens stormsee en rukwinde van tot sowat 125km/uur in Gansbaai hawe langs die nuwe hawemuur losgeruk en is onherstelbaar beskadig. Nou sal hierdie nuwe toevoeging tot die vloot se seehengel-kundigheid behoorlik op die proef gestel word.

(Foto’s deur Linda Kloppers), Hardus Botha

Dyer Eiland Visserye se South West Condor

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant