Biblioteek se Inkleurpret

Biblioteek se Inkleurpret

Gansbaai Courant

Voor vlnr is Raymond Coetzee, Johandré Scholtz en Andrika Coetzee. Agter hulle vlnr is Kim Megan Barker, Kristin McCallum en Lynette Prinsloo, met agter vlnr Edna van der Linde, Koekie Joubert en Busisiwe Mtatase

Gansbaai Biblioteek het vanjaar weer hulle jaarlikse Inkleurwedstryd van stapel gestuur. Die tema was Gansbaai Biblioteek Kersfees. “Ons het vier Kersprente vir die deelnemers uitgedruk en hulle kon self kies watter een om te gebruik,” vertel Edna van der Linde van Gansbaai Biblioteek. “Ons het pragtige ingekleurde prente ontvang en sê baie dankie aan elkeen wat ingeskryf het. Ons hoop om volgende jaar veel meer inskrywings te ontvang, want dit is heerlike pret vir die kinders.” Met die pragtige inkleurwerke wat ingedien is, is besluit om al die deelnemers as wenners te bekroon. Elkeen van hulle het ‘n geskenksakkie met ‘n boekie, ‘n boekmerk en ‘n pakkie lekkers ontvang.

Hulle is (alfabeties) Andrika Coetzee, Johandré Scholtz, Kim Megan Barker, Kristin McCallum, Lara Strydom, Lua Venter, Lynette Prinsloo, Mia Smith, Mia Venter, Nina Strydom en Raymond Coetzee. Almal kon ongelukkig nie tydens die fotosessie teenwoordig wees nie, terwyl Mia Smit se ouma, Koekie Joubert, Mia se prys in ontvangs geneem het. Gansbaai Biblioteek se vriendelike en behulpsame personeel bestaan uit Sharman Geldenhuys (Bibliotekaris), Zelda Fourie, Edna van der Linde en Busisiwe Mtatase.

Hulle gerieflike bedryfsure is Maandae tot Vrydae vanaf 09:30 tot 17:30 en hulle kan by 028-384-8300 vir navrae gekontak word.

Hardus Botha

Biblioteek se Inkleurpret

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant