Veteraan Drywer tree af

Veteraan Drywer tree af

Gansbaai Courant

Onderskeidelik links en regs is die booteienaars van Edelweiss, Anna Germishuys en Mike Germishuys met die afgetrede Henry Valentine tussen hulle.

Henry Valentine (61), ‘n veteraan Drywer en Visserman op die Pelagiese Vissersboot, Edelweiss van Mike en Anna Germishuys, het teen einde Desember 2013 besluit dis tyd om die tuig neer te lê.

Henry het in 1968 (45 jaar gelede) as ‘n 15-jarige seun op die bote begin werk. Eers was dit op die eerste Rietgans, daarna op Caprivi en toe op Edelweiss. “Henry was ‘n baie verantwoordelike en veral ‘n netjiese Drywer,” vertel Lorraine Germishuys, wat die afskeidsgeselligheid in die Birkenhead Boothengelklub se saal gereël het. “Ek onthou dat Mike altyd baie trots was wanneer die Surveyor hom meedeel dat hy die mees netjiese masjienkamer in die baai het!” Maar sy sê dat Henry ook ‘n knap lynvisserman was en wyle Johnny en Mike Germishuys moes gereeld “uithaal” om by Henry se vaardighede by te hou. Henry word as ‘n pligsgetroue en vriendelike persoon beskryf wat ook altyd met humor gereed gestaan het. Hy was ook nooit laat vir werk nie en wanneer die Skipper opdaag was die boot se enjins al aan die gang.

Henry is op 29 April 1953 in Gansbaai gebore en op 23 November 1974 (39 jaar gelede) tree hy met Corrie in die huwelik. Die egpaar het 8 kinders (3 seuns en 5 dogters), 16 kleinkinders en 1 agterkleinkind. Ondanks sy aftrede, behou Henry steeds sy belange by Germishuys en Groenewald.

Anna Germishuys het die pragtige en geraamde sertifikaat namens die Germishuys-familie aan Henry oorhandig. Die volledige Germishuys-geslag van 4 geslagte saam met wie Henry ‘n pad gestap het, behalwe wyle “Oupa” Johnny (saam met wie Henry ook ‘n pad gestap het), was tydens die geselligheid teenwoordig: Pa Mike en sy twee seuns, JP en Mikie Die 5de geslag, JP se baba seuntjie, MJ (ook Mike), is hierdie week op Maandag, 27 Januarie 2014 gebore.

“Ons bedank jou graag vir die 45 jaar se diens en wens jou net die allerbeste toe. Ons het dit goedgedink om jou aftrede ‘gemaklik’ te maak en ‘n groot TV-stoel as afskeidsgeskenk vir jou gekoop,” was Lorraine se afsluitingswoorde aan Henry, voordat die gaste heerlike braaivleis en bykosse geniet het.

Hardus Botha

Voor vlnr is Henry Valentine, Mike Germishuys en sy seun, JP Germishuys. Agter vlnr is Bertie Smit, Petrus Bester, Dawie Baardman, Mike Germishuys (Jnr), Darick Malonti, Mike Dunsdon, Herman Groenewald en Attie Wilshut.

Veteraan Drywer tree af

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant