Laaste Geleentheid om te Registreer

Laaste Geleentheid om te Registreer

Gansbaai Courant

Talle kiesers wat die afgelope maande tuis deur die DA besoek is, het nog nie gaan registreer om aan die komende verkiesing deel teneem nie. Dit sluit ook jongmense in wat vir die eerste maal mag stem.

Die komende verkiesing is ‘n waterskeidingsverkiesing wat die DA in die Weskaap moet wen om goeie regering te verseker. Ons het elke verantwoordelike kieser se stem nodig. Ons moedig ook ons kiesers wat aan ons land se toekoms wil help bou, om u buurman,  vriend of familielid aan te moedig om te registreer en om te gaan stem.

Die verkiesing gaan waarskynlik die laaste week van April of die eerste helfte van Mei plaasvind.

Op 8 en 9 Februarie tussen 08h00 en 17h00 kry kiesers die laaste geleentheid om vir die verkiesing te registreer.

Alle kiesers wat nie voorheen in hulle onderskeie wyke geregistreer was nie, kan nou herregistreer. Dit geld oa. Vir kiesers wat nie voorheen gestem het nie of wat elders gewoon het. Die maklikste manier om vas te stel of u reg geregistreer is, is deur slegs u ID nommer na 32810 te sms. U sal binne enkele minute ‘n sms ontvang wat aandui waar u geregistreer is.

Kiesers wat in de Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaaidorp en Birkenhead woon, registreer by die Pretoriussaal waar hulle ook tydens die verkiesing sal stem.

Kiesers van Blompark registreer by die gemeenskapsaal te Blompark waar hulle ook later sal stem.

Kiesers van Franskraal, Franskraalkaravaanpark  en Kleinbaai registreer by die Golfklub in Kleinbaai waar hulle ook later sal stem.

Masakhane se kiesers registreer by die Gemeenskapsaal te Masakhane waar hulle ook later sal stem.

Vir enige navrae of indien u hulp wil aanbied by die registrasie of verkiesing, kan u die volgende DA persone skakel:

                Pieter Scholtz                        082 928 8869

                Riana de Coningh                 083 597 2781

                Ans Scholtz                           082 300 4800

Laaste Geleentheid om te Registreer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant