Natuurliefhebber stap 3000 km

Natuurliefhebber stap 3000 km

Gansbaai Courant

Grant Christie waar hy in Franskraal ontspan, nadat hy by die Oranjeriviermond met sy staptog begin het

‘n Jong ingenieur van Piermaritzburg, Grant Christie (27), het op 22 Oktober 2013 besluit om sy droom van sowat 2 jaar te verwesentlik - ‘n staptog kuslangs vanaf Alexanderbaai (Oranjeriviermond) tot by Mosambiek se grens by Kosiebaai waar hy “hopelik” teen die einde van Meimaand sal aankom. Hy is hoofsaaklik op homself aangewese. Hy stap telkens tot by sy oornagplek en, indien vriende of familie nie oornaggeriewe en kos vir hom gereël het nie, bring hy die nag rustig op die strand deur.

“Ek het my staptog ‘Ses miljoen Treë’ gedoop en as ‘n natuurliefhebber wil ek Suid-Afrikaners graag meer bewus maak van ons pragtige kusgebiede,” het hy in Franskraal gesê.

In Kaapstad het hy sowat 3 weke by sy ouers en familie vertoef, maar het steeds dag-staproetes aangepak. “Dit was ‘n spesiale oomblik vir my toe ek goedkeuring ontvang om op Robbeneiland te gaan stap,” vertel Grant. Daarna het hy om Kaappunt gestap, kuslangs deur Bettiesbaai tot in De Kelders, waar hy die grotte besoek het. In Franskraal is hy verlede week op 17 Januarie gasvry en gratis by De Waterkant Gastehuis van Dawie en Vera Swart ontvang. Daar bestaan ‘n verlangse familieband tussen hom en Vera. Daar het hy ‘n dag of wat ontspan, maar ook met dag-staproetes om hom aan die beweeg te hou.

Maandag het hy weer voortgegaan met sy staptog verby Pearly Beach en op pad na Agulhas. Sy grootste teëspoed wat hy tot dusver ondervind het, was ontsteking in sy been ná die eerste drie dae se stap wat waarskynlik té erg was. Hy is in Springbok se hospitaal opgeneem, maar gelukkig vir hom het dit beter gegaan toe hy vir ‘n beseerde hakskeensening behandel is.

Grant se staptog kan deur belangstellendes onder sy naam via Facebook gevolg word.  

Hardus Botha

Natuurliefhebber stap 3000 km

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant