Gansbaai Courant

Blog: Woekerende Woekermark

Published: 06 February 2014
By:Hardus Botha

Vrydae se Woekermark was sommer op die eerste Vrydag vir 2014 hoogs bedrywig met ‘n gesaamkuier dat hoor en sien vergaan. Hierdie gewilde mark, nou reeds is sy 7de bestaansjaar, het lankal reeds ‘n gewilde en gesellige kuierplek onder vriende en familie geword. Die Pretoriussaal was van vroeg af volgepak vir ‘n teetjie of koffietjie saam met ‘n lekker soetigheid en pannekoek om die gesellige saamkuier nog meer gesellig te maak. In die agtergrond is welbekende Eddie Barnard steeds warm aan die gang met sy sleutelbord en “goue oue” stembande, ongeag van bietjie gesondheidsprobleme wat hy ondervind het. Vrydae se Woekermark begin elke Vrydag om 09:00 in die Pretoriussaal en dit beteken net een ding: gesellig saamkuier met vriende en familielede.

Vir enige navrae kan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gekontak word.  

Hardus Botha

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...