Skemerstap op hande

Skemerstap op hande

Gansbaai Courant

Die jaarlikse en gewilde Skemerstap ten bate van Gansbaai Nasorgsentrum langs Herberg-aan-See is op hande. “Stappers word versoek om vroegtydig in te skryf aangesien ‘n afsny-getal gefinaliseer moet word,” is Francia van Dyk, organiseerder, se vriendelike versoek. Vanjaar word die Skemerstap vir Woensdag, 5 Maart 2014 beplan.

Stappers kom weer by die Kleinbaai Sleephelling om 17:30 gesellig bymekaar en die “Groot Stap” begin stiptelik om 18:00. Hulle stap rustig en ontspanne in ‘n groep onder begeleiding (voor, middel en agter) kuslangs tot by Strandveld Museum, waar groot verrassings met eet- en drinkgoed op hulle wag. Gelukkig is daar so halfpad ook ‘n afkoeldingetjie wat op hulle wag. Naas die gesellige saamstappery, is die hoofdoel van die Skemerstap om vrywillige fondse vir die Nasorgsentrum in te samel. Inskrywingskoeverte, waar vrywillige donasies in geplaas kan word, sal by Herberg-aan-See, asook by Vrydae se Woekermarkte in die Pretoriussaal, beskikbaar wees. Onthou om betyds in te skryf en die stap se datum is Woensdag, 5 Maart 2014.

Navrae rakende die koeverte kan aan Herberg-aan-See by 028-384-0501 gerig word, terwyl algemene navrae oor die pretstap aan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gerig kan word.

Hardus Botha

Skemerstap op hande

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant