WOENSDAG 12 FEBRUARIE
SLOEGTERS KOMPETISIE
Hierdie kompetisie word vir die hele jaar elke Woensdag gespeel, en aan die einde van die jaar word die eerste tien spelers vergoed vir hulle harde werk (plesier) deur die jaar.
1. J Nell 43 ( Bruto 75 vanaf 10 voorgee)
2. D Victor 39
3. Rob Jerrard 37
4. Solly Wessels 36
5. G Hunt 36
Nearest the pins George Hunt (2 & 11), Daniel van der Merwe (8 & 17) en Solly Wessels (15).
VRYDAG 14 FEBRUARIE
HOENDERKOMPETISIE
Hierdie kompetisie word elke Vrydag gespeel oor nege gate.
Die OK se "vouchers" word hier gebruik.
1. F van Eeden (18) 2. L Hattingh (17) 3. G Hunt (16)
WAT 'N DAG WAS DIT NIE VIR ANDRE ROOS NIE. HY HET 'N VOLMAAKTE HOU OP PUTJIE NO 17 GESLAAN. BETER BEKEND AS 'N "HOLE-IN-ONE" BAIE GELUK AAN HOM. DIT HET HOM 'N PAAR RAND UIT DIE SAK GEJAAG.
SATERDAG 15 FEBRUARIE
Dit was 'n Betterball kompetisie en hier speel die regte kombinasie van maats wat saamspeel baie. Bobby Brandt en Wilmeen Harries was so 'n kombinasie en het die dag met 47 punte gewen. Piet le Roux en Bertie Laubscher was tweede ook met 47 punte. Louis van der Vywer en 'n oorsese besoeker, J Hartshorn was derde met 46 punte. Andre Oosthuizen en EL Matthee asook Lambert Smith en D Bul het gevolg met 44 punte.
Gholfnuus en groete, Jannie Brandt
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More