Isolde Smith van Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub vertel van groot opwinding gedurende die klub se onlangse hengelnaweek by Pearly Beach. “Die naweek is afgeskop deur die dames wat die manne met ‘n Valentynsete gedurende die Vrydagaand by die Klub verras het,” sê sy.
“En Saterdag was beslis ‘n kompetisie wat onthou sal word.” Daar was 57 inskrywings, met 13 hengelaars wat vis ingeweeg het. ‘n Totaal van 38 kabeljoue is gevang, met ‘n totale gewig van 129.5kg. Riaan Steyn, hulle kaptein, het gewys hoe daar visgevang moet word. Hy het as wenner van die dag uit die stryd getree met die swaarste vis (7.95kg), asook die swaarste sak (21.4 kg). “Baie geluk aan al die hengelaars met julle vangstes, sien julle weer volgende maand,” sê Isolde.
Navrae rakende Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub kan aan Isolde Smith by 084-320-8613 gerig word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More