Mense Partye en Stembusse

Mense Partye en Stembusse

Gansbaai Courant

Die Assosiasie van Onafhanklike Uitgewers (AIP - Association of Independent Publishers), waarvan Gansbaai Courant ‘n lid is, het op 11 en 12 Februarie 2014 ‘n seminaar rakende die media se hantering van die komende verkiesing aangebied.

AIP se organiseerders van die seminaar was Bongi Bozo (projekleier) en Mathapelo Diokane (administrasie) en hulle het vir ‘n suksesvolle en professionele seminaar, asook puik gepaardgaande reëlings, gesorg. Die fasiliteerders van die seminaar was Ray Joseph en Derek Luyt, wat relevante verkiesingsinligting op ‘n insiggewende wyse, maar baie ontspanne oorgedra het. Sowat 8 onafhanklike koerante, waarvan Gansbaai Courant een was, het die seminaar bygewoon. Dit is op die 26ste vloer van Media 24 (Naspers) se gebou in Heerengrachtstraat, Kaapstad aangebied - met onvergeetlike uitsigte na Tafelberg, omliggende gebiede en die volle Kaapse Hawe. Onderwerpe wat bespreek is, ingesluit waardevolle wenke aan joernaliste, het oor verantwoordelike, eerlike en objektiewe beriggewing deur joernaliste voor, tydens en na afloop van die verkiesing gehandel.

Onder andere is die volgende bespreek: Verkiesingsproses in Suid-Afrika; Vooraf ondersoeke en verkiesingsnavorsing wat nodig is; Sosiale Media en die verkiesing; Etiek tydens verkiesings-beriggewing; Verkiesingsstrategieë; Netwerke waarmee inligting bekom en versprei kan word; die Suid-Afrikaanse Kieswet. Daar is ook insiggewende inligting deur twee gassprekers aan die joernaliste oorgedra.

Die rolspelers tydens ‘n seminaar vir onafhanklike koerante rakende die komende verkiesing in Kaapstad, met vlnr Bongi Bozo, Ray Joseph, Mathapelo Diokane en Derek Luyt

Trevor Davids, ‘n verteenwoordiger van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK / IEC) ), het die verantwoordelikhede van die OVK uitgespel. Joe Thloloe, Direkteur in die Suid-Afrikaanse Persraad (Press Council), het die joernaliste breedvoerig oor die Suid-Afrikaanse Perskode, Prosedures en Konstitusie ingelig. Klem is deurgaans op die etiek, integriteit, sin vir verantwoordelikheid en objektiewe optrede deur joernaliste geplaas. Hierdie is maar enkele voorbeelde van die leersame seminaar wat sonder twyfel die moeite werd was om by te woon. Hou Gansbaai Courant dop vir sinvolle verkiesingsinligting nader aan die 7de Mei - Verkiesingsdag. Agtergrondinligting oor onder andere die Suid-Afrikaanse Persraad, die OVK (met die klem op Gansbaai), die Suid-Afrikaanse Kieswet en veel meer word in die vooruitsig gestel, asook ‘n verskeidenheid van ander verkiesingsaspekte.

Hardus Botha

Mense Partye en Stembusse

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant