Knap aanbieding

 Knap aanbieding

Gansbaai Courant

“Twee bekwame lede van Gansbaai Fotografieklub, Clive Bailey en Mark Du Plessis, het tydens ons vorige byeenkoms 'n aanbieding oor AV (Audio/Visual) gedoen en ook twee van hul videos as voorbeelde aan die lede vertoon,” sê Christo Wessels, voorsitter van die klub. Hy sê hulle het gewys en ook verduidelik hoe die sagteware effektief gebruik moet word. 'n Aantal lede het tydens die volgende byeenkoms hul eie videos gewys wat hulle op hul skootrekenaars voorberei het. “AV bestaan uit fotos wat gebruik word om 'n video met klank en spesiale effekte saam te stel,” sê Christo. “The videos that the members showed were well put together and a lot was learned from each other. AV give you another way to present you photos.”

Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek. Beginners is altyd welkom.

‘n Gasspreker van ORMS in Kaapstad sal tydens die volgende byeenkoms op Maandag, 3 Maart 2014 ‘n aanbieding oor kameralense doen en almal is welkom om te kom luister.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

 Knap aanbieding

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant