WOENSDAG 19 FEBRUARIE
Die Sloegters kompetisie is gewen deur J Nell met 43 houe. Sy voorgee is toe ook dadelik met twee houe gesny.
2de: T Sauter 42. 3de: Sextus Neethling 41. 4de: Rob Jerrard 40. George Hunt, Solly Wessels, Daan Victor en Christo Spanellis het almal 37 punte gemaak. Jacues Nel het 'n arend op no. 16 gehad. Naaste aan die penne was S Muller (2 & 11), S Wessels (8 & 17) en J Nell (15).
VRYDAG 21 FERUARIE
Sextus Neethling , Andre Roos en Johannes van der Walt het geseëvier met 19, 18 en 17 onderskeidelik.
SATERDAG 22 FEBRUARIE
Hierdie week was dit weer Bobby Brandt se beurt met 'n HOLE-IN-ONE. Congratulations old boy it proves that you can still do it.
Die kompetisie was 'n uitdaging vir die spelers aangesien almal net toegelaat was om vier stokke (van hul eie keuse) in hulle sakke te dra. Royce Woods met 45 punte het bewys dat jy nie meer nodig het nie. Bobby was tweede (40), Paul Dippenaar (39) derde en Jack Doyle ook 39. Malcolm Bury het die vyfde plek met 38 beklee.
Bobby Brandt en Andre Roos, die twee kolhou-slaners
Saterdag 22 Februarie het Swellendam teen Gansbaai kom speel in die Brodie Liga.
Gansbaai het met 6 teen 2 gewen.
Geluk aan die liga-manne - doen so voort!
Jannie Brandt
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More