Van wyn na paddas

Van wyn na paddas

Gansbaai Courant

Dit was letterlik “van wyn na paddas” vir Naas Terblanche van Vaalvlei Wynkelder buite Stanford. Tydens Gansbaai Wynproegilde se vorige byeenkoms het Naas sy wyne van Vaalvlei te proe aangebied. Op Maandag, 17 Februarie het Gansbaai Toerisme ‘n gesellige lede-aand aangebied. Daar het Naas met ‘n handomkeer-aanbieding vorendag gekom - die wêreld van paddas.

Glenda Kitley oorhandig ‘n blyk van waardering aan Naas Terblanche van die plaas Vaalvlei

“Aanvanklik was dit veekunde, daarna die maak van goeie wyn, maar deurentyd was my geliefde stokperdjie teenwoordig - paddas,” het Naas gesê. Johan Pieterse, voorsitter van Gansbaai Toerisme, het die verwelkoming behartig, met Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, wat Naas aan die gaste bekendgestel het.

“Paddas is amphibious - Amphi wat twee beteken en Bios wat lewe beteken - dus letterlik twee lewens,” het Naas gesê. Sy Powerpoint-aanbieding was insiggewend en kleurvol, maar wat dit des te meer interessant gemaak het, was die duidelik klankopnames van elke padda wat bespreek is se eiesoortige roepgeluid. “Die identifikasie van padda-spesies is eerder op hulle roepgeluide gefokus as op hulle voorkoms,” het hy gesê. “Paddas kommunikeer met mekaar deur middel van spesifieke roepgeluide onder spesifieke omstandighede, soos byvoorbeeld vir paring, spanning en gebiedsverdediging.” Tans is daar 129 padda-spesies in Suid-Afrika bekend, met 29 spesies wat in die Kaap voorkom, waarvan 5 in die Wes-Kaap as bedreigde spesies beskou word: Mikro-padda, Kaapse platanna, Kaapse caco, Tafelberg spookpadda en Westelike brulpadda (skurwe padda). Stanford se luiperd brulpadda (skurwe padda) is een van die Wes-Kaap se bedreigde spesies. Daarna het die gaste gesellig saamverkeer met verversings wat deur Gansbaai Toerisme gereël is en ….natuurlik ‘n glasie wyn!

Glenda bedank graag die aand se borge: Raka Wines, Walker Bay Wines en Blue Goose restaurant vir die gebruik van ‘n lokaal in die restaurant.

Hardus Botha

Van wyn na paddas

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant