Kersmark se Dankie

Kersmark se Dankie

Gansbaai Courant

 “Ons Hemelse Vader het ons weer eens ryklik geseën en tydens die Kersmark van die NG-gemeente Gansbaai in sy hand gehou.  Ons is dankbaar oor ‘n saal vol mense, 100+, wat positief oor die jaarlikse Kersmark voel en wat opgedaag het,  sodat daar op ‘n behoorlike wyse dankie gesê kon word vir hulle harde werk en goeie samewerking tydens verlede jaar se Kersmark,” sê Linda Cillers, organiseerder van die Kersmark, saam met haar eggenoot, Thys.

“Ek kan net byvoeg dat Herberg-Aan-See vanjaar weer uitstekend gedoen het, wat ‘n groot finansiële hupstoot vir hulle beteken.” Linda sê sowat 120,000 etikette is gedruk, met sowat 65,000 items wat verkoop is en sowat ‘n derde van die uitstallers was plaaslike mense. “Wat vir ons verblydende nuus is, is dat die Kersmark sedert 2004 jaarliks ‘n konstante en goeie groei getoon het, ondanks die swak ekonomiese klimaat van die afgelope jare,” sê sy. Na etlike bedankings deur Linda teenoor die uitstallers en vrywillige helpers wat by netjies-versierde tafels hul plekke ingeneem het, het Daan Victor haar en Thys vir hul jaarlikse en onbaatsugtige betrokkenheid by die Kersmark bedank. Ds Dirk van Dyk het daarna die gesellige geleentheid se tafelgebed gedoen, waarna daar smaaklik aan die Koningbraaier, Hannes Cilliers en sy span se sappige hoender, steak en wors met slaaie, geëet is en almal gesellig saamgekuier het. Natuurlik met egte, egte roomys en sjokoladesous agterna. ‘n Ware plattelandse, ontspanne en opregte dankie-gebaar teenoor hardwerkende vrywilligers wat tot die sukses van hierdie groot inisiatief bygedra het. Aansoekvorms met ‘n volledige Inligtingstuk vir Kersmark 2014 is alreeds by die NG Kerkkantoor beskikbaar. 

Hardus Botha

Kersmark se Dankie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant