Gansbaai Courant

Blog: 7 Eksteen kinders bymekaar

Published: 13 March 2014
By:Hardus Botha

Die Eksteen broers en susters, met voor vlnr Tertia, Anton en Una. Agter vlnr is Theuns, GP, Annette en Paul.  

Al sewe broers en susters, voorheen van Rawsonville, het gedurende die week van 8 tot 15 Maart 2014 in De Kelders vir ‘n behoorlike reünie bymekaargekom.

Hulle ouers was wyle Johnny en Malie Eksteen. Die sewe opgewonde gesinslede, van oud na jonk, is Una (75) van Boksburg, Paul (74) van Durbanville, Anton (73) van De Kelders, Annette (69) van Kroonstad, GP (63) van Rayton, Pretoria, Tertia (61) van Kroonstad en Theuns (58) van Somerset-Wes (Strand). Al die aangetroude gesinslede kon ongelukkig nie die saamkuier bywoon nie.

Die groot groep het almal in Anton se woning in De Kelders vir die week tuisgegaan en dit klink na ‘n baie groot gekuiery en gerondryery om almal alles in Gansbaai se pragtige omgewing te laat sien.   

Hardus Botha

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat
Published: 01 May 2014
By: Francois de Jongh

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoor...

Fraternal ontbyt
Published: 01 May 2014
By: Hardus Botha

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder le...

VLV Nuus
Published: 01 May 2014
By: Gansbaai Courant

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paas...

DA Shows Its Multi C...
Published: 01 May 2014
By: SSMA Fanie Krige

The misconception that the Democratic Alliance is ...