Zula kry sy Vis

Zula kry sy Vis

Gansbaai Courant

André Wagenaar van Franskraal met die 10kg steenbras wat sy hond, Zula, eie-potig gevang het en dit hier met ‘n wakende oog dophou

Zula, ‘n bekende honde-persoonlikheid op Franskraalstrand, se “elke hond kry sy dag” het uiteindelik aangebreek. Zula se dag het gekom toe hy eie-potig ‘n 10kg steenbras in die vlak water in die riviermond by Uilenkraalsmond “aangekeer” het.

“Almal ken vir Zula as die groot swart hond wat so graag swem,” vertel André Wagenaar van Franskraal, eienaar van Zula. Hy sê oplettende persone sou al agtergekom het dat Zula gereeld besig is om vissies in die vlak water te jaag. “Sowat 2 jaar gelede het hy daarin geslaag om ‘n hardertjie in een van die strandpoeletjies te vang en sedertdien is hy ‘n entoesiastiese hengelaar.”

Op Saterdagoggend, 15 Maart omstreeks 06:30 het André en Zula oudergewoonte saam met ‘n besoekende kunstenaar van Gauteng, Johan Kok, hulle strandstap vanaf Franskraal, oor Uilkraal Riviermond na Die Gruis en terug aangepak. Reeds vanaf die wegtrek het Zula deur elke poeletjie gedraf - op soek na vis en André vertel toe vir Johan dat die hond op daardie wyse probeer om vis te vang. “Ek het nie veel reaksie van Johan gekry nie, aangesien hy seker gedink het dit is net nog ‘n visstorie om Gautengers mee te vermaak,” vertel André.

“By die riviermond draf Zula ‘n ent vooruit en skielik sien ek dat hy in die vlak water op iets afstorm en daarna hap.” Hy het eers gedink dit is ‘n stuk bamboes waarmee Zula speel. Dit was uitgaande gety en die hond het stroomaf van die voorwerp gestaan, terwyl dit teen sy voorpote vasspoel. “Ons het rustig nadergestap, maar toe sien ek die visstert wat in die vlak water klap,” vertel André. Hy het nader gehardloop en die vis deur sy kiewe gegryp, met ‘n entoesiastiese Zula wat rondtrippel en ‘n verdwaasde Gautenger wat die spulletjie gadeslaan.

“Gelukkig was daar ‘n mede-Franskraler wat die hele petalje gesien het anders sou niemand vir my, my hond of die Gautenger geglo het nie!” Maar die storie is nog nie klaar nie... Hy stap toe huis toe met die spartelende vis en ‘n al-springende Zula. Tuis aangekom, word die steenbras op die skaal gegooi - ‘n hele 10kg - Zula se rekordvis! “Terwyl ek buite besig is, hoor ek Johan se vrou in die huis vertel telefonies aan iemand dat die mense hier so baie visse vang, aangesien ek die vorige week 3 steenbrasse gevang het,” sê André. Hy sê dit het geklink asof die persoon, iewers in Gauteng, baie skepties is en vir bewyse vra. “Ek wys haar toe Zula se vis, waarvan sy onmiddelik ‘n foto neem en dit ‘n paar minute later aan die skeptikus stuur, met die volgende boodskap aan hom: ‘Dit is die klas van visse wat die honde hier by hulle vang!”

 Hardus Botha

Zula kry sy Vis

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant