Franskraal Belastingbetalers en Inwonersvereniging

Franskraal Belastingbetalers en Inwonersvereniging

Gansbaai Courant

Die komitee vir 2014 is verkies en is as volg :  Die BBV van Franskraal het ten doel om as skakel te dien tussen inwoners en die plaaslike owerheid en waar nodig die behoeftes van inwoners en tekortkominge in dienste deur die plaaslike owerheid,onder die aandag van die munisipaliteit te bring. Die BBV is dus ‘n saamstaan aksie en alle inwoners van Franskraal word hartlik uitgenooi om by die vereniging aan te sluit. Jaarlikse ledegeld beloop R40 p.p en hoe groter ons ledetal is, hoe meer word die komitee bemagtig om verteenwoodigend van almal te wees. Inwoners word uitgenooi om enige probleme by enige van die onderskeie lede aan te meld.

Projekte vir 2014: Begrotingsaangeleenthede en munisipale heffings; Strate en sypaadjie onderhoud en Melkhoutwandelpad en die voëluitkyk in Juliastraat.

Vir ‘n hele aantal jare is die Groot Melkhoutwandelpad ‘n trotse bewarings projek van Franskraal en is daar baie gedoen om die wandelpad te verbeter en meer aantreklik vir besoekers te maak.  Ons beoog om nog meer verbeterings aan te bring en ook meer inligting aangaande die bome en plante vir wandelaars beskikbaar te stel.  Onlangs het die munisipaliteit ‘n houthut aan die rand van die vlei opgerig om as ‘n voëlkykskuiling te dien.  Die ontwikkeling van dié nuwe toevoeging tot ons omgewing is egter die komitee se verantwoordelikheid en ons het reeds samesprekings met mnr. Peter Hochfelden van die Stanford Bird Club gevoer om te bepaal hoe ons die projek gaan aanpak.  Hulle hulp en kennis is baie belangrik en ons sal beslis plaaslike insette ook waardeer.

Frankraal BBV wil sy opregte dank aan die Stadsraad, Mnr Kat Myburg en personeel uirspreek vir die uitmuntende diens wat gelewer word. Ten spyte van moeilike tye word ons dorp en woongebied altyd skoon en netjies gehou en is dit ons trots om die lofprysing van vakansiegangers en besoekers, aan te hoor. 

Vir vedere inligting besoek ons webwerf www.franskraalratepayers.com

Franskraal Belastingbetalers en Inwonersvereniging

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant