Jack se omgee vir Gansbaai

Jack se omgee vir Gansbaai

Gansbaai Courant

Vlnr is Anita Botha, Eveleyn Ndlebe, Jack Doyle, Nontsokolo Mani (skoolhoof) en Margi Muller by Masakhane Primary School, tydens Jack se besoek aan die skool

Jack Doyle en sy eggenote, Anita van Chester Le Street, Engeland, is lankal reeds gewilde bekendes in hierdie omgewing. Hulle kom reeds vir die afgelope sowat 11 jaar na Gansbaai en het hule harte hier verloor. Dit bewys hy ook deur middel van vele projekte wat hy, met behulp van Steve en Margi Muller van Franskraal, al hier aangepak het. Sy aanvanklike betrokkenheid het by Silwerjare Dienssentrum begin, met etlike skenkings op verskillende wyses. Gedurende 2013 het hy ‘n groot projek aangepak vir die bou van ‘n onderdak-verbindingsgang tussen Silwerjare en Oak Grove Nasorgsentrum, ‘n projek wat vinnig voltooiing nader. Vir die nodige fondse het Jack ‘n fondsinsamelings-funksie in Engeland gereël, waartydens £2,200 ingesamel is, met ‘n verdere bydrae van £300 deur Banks Group in Engeland.

Vanjaar het hy selfs by Gansbaai Primêr in Blompark betrokke geraak, met beloftes van oorsese hulp. Nou het hy ook ‘n aanbod om hulp aan Masakhane Primary School gemaak. Margi Muller en Anita Botha is aktief by die skool betrokke met die aanbied van Lyndansklasse, met die goedkeuring van die skoolhoof, Nontsokolo Mani. Dié twee dames het met ‘n handjievol leerders begin, wat intussen na sowat 23 uitgebrei het. Een van die entoesiastiese onderwyseresse, Eveleyn Ndlebe, het intussen ewe passievol by die Lyndansklasse betrokke geraak.

Tydens ‘n onlangse oefensessie is Jack saamgenooi, nadat hy aan Margi genoem het hy wil ook daar betrokke raak. Suksesvolle gesprekvoeringe het plaasgevind, waaroor die skoolhoof baie opgewonde is. Hy het haar meegedeel dat daar heelparty mense in Engeland is wat bereid is om met sy projekte te help. Voorwaar ‘n Engelsman met ‘n sagte hart vir Gansbaai en omgewing, waar hy ook ‘n bekende gesig op die gholfbaan is.

Hardus Botha

Jack se omgee vir Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant