4 Susters en dogters kuier hier

4 Susters en dogters kuier hier

Gansbaai Courant

Vlnr is Karin van Zyl , Anita Fourie, Ronel Fourie, Sulette Wentzel, Madelein Wentzel-Feyt*, Annette Lötter*, Hester Wentzel (Annette se skoonsuster), Mona Kotze* en Rolien Fourie* (* = 4 susters)

“Een van die groot redes waarom ons die tradisie handhaaf om een maal per jaar weg te breek, sonder die mans, is om die waarde van familie lewendig vir ons dogters en hulle dogters te hou,” vertel Annette Lötter, een van 4 susters. “Ons wil buite ons werks- en daaglikse lewens bymekaarkom om mekaar weer te geniet soos toe ons onsself as kinders geniet het.”

Die 4 susters, Annette Lötter, Madelein Wentzel-Feyt, Mona Kotze en Rolien Fourie en Annette se skoonsuster, Hester Wentzel, asook hulle dogters, Karin van Zyl, Anita Fourie, Ronel Fourie en Sulette Wentzel, het Gansbaai gedurende die naweek van 7-9 Maart behoorlik binne-gestorm. Tussen hulle is daar 6 kleinkinders. Annette sê hulle het in ‘n groot, maar hegte gesin grootgeword en daar is ook 3 broers. “Veral die jongklomp sorg vir vele vermaak en ons wil graag dat hulle dit aan hulle kinders oordra.”

Hulle het Vrydagoggend by hul huisie te Uilenkraalsmond aangekom. Elke jaar is daar ‘n tema en vanjaar se tema was die dra van selfontwerpte, “verspotte” donkerbrille. Eerste aan die beurt was Gansbaai Superspar - vir kos, en hulle spog met die vriendelikheid daar en daar is sommer ‘n foto ook van hulle saam met die bestuurder geneem. Die res van die Vrydag was dit wandelinge langs die see en sommer selfvermaak met speletjies en dies meer. “Asof ons nie alreeds genoeg kos gekoop het nie, het ons Saterdagoggend ‘n ontbyt in Gansbaai se vriendelike Wimpy geniet.” As gevolg van die reënweer het hulle hulself te Uilenkraalsmond vermaak, wat onder andere ‘n “80’s Disco Diva Modevertoning” ingesluit het.

Daarna is Gansbaai met hulle donkerbrille binnegevaar waar hulle Pep Stores behoorlik met luide geselsies en aankope op horings geneem en waar die ontmoeting met Gansbaai Courant gereël is. “Sondagoggend is ons besoek met godsdiens afgesluit, wat ons met heimweë na moeder/ouma laat terug verlang het, asook een van ons susters wat al oorlede is verlang het,” sê Annette. “Hierdie besoek is ‘n jaarlikse tradisie en julle gaan ons beslis weer sien, saam met ons kleindogters en ‘n nuwe tema - and remember, we will be back!”

Hardus Botha

4 Susters en dogters kuier hier

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant