Suksesvolle Skemerstap

Suksesvolle Skemerstap

Gansbaai Courant

Registrasie en die klink van ‘n glasie sjampanje voor die “groot wegspring” tydens vanjaar se Skemerstap

Die staptog het begin

‘n Halfpad-lafenissie by die Ramsauers

“Op 5 Maart het ons ‘n winderinge wegtrek beleef en al wandelend die wonderlike skepping beleef en die Here daarvoor gedank,” vertel Francia van Dyk, organiseerder van die jaarlikse Skemerstap ten bate van Gansbaai Nasorgsentrum langs Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes.

Soos gebruiklik is ‘n glasie sjampanje kort voor die wegspring by Kleinbaai Sleephelling geklink. “Net na die klipperige kuspaadjie om Rooikransies, het die Ramsauers ons vir ‘n lafenis met yskoue suigstokkies bederf,” sê Francia. “Daarna is die laaste entjie tot by die Strandveld Museum aangepak, waar alles gesellig en vreed(t)saam verloop het.” Daar het die gasheer en -vrou, Helmie en Amanda de Vries saam met hulle span seker gemaak die 183 wandelaars (210 het ingeskryf) kort- en langasems geniet hulself met ‘n heerlike worsrol, turksvye, roompoffertjies en koue drinkgoedjies (natuurlik Helmie se verantwoordelikheid).

Francia sê heelparty vorige stappers oor vele jare heen kon nie meer saamstap nie, maar het die groep by Strandveld Museum ingewag. Bedankings is te veel om op te noem, maar ons wil net aan almal wat dit nie kon meemaak nie, darem ‘n bietjie jaloers maak.”

Francia doen graag die volgende bedankings: die skinkers en skenkers van die sjampanje; almal vir hulle wonderlike hulpvaardigheid; Gansbaai Superspar wat soos gewoonlik deel van die heuglike aand was; die ambulans, al het dit verniet heen en weer gery, want niemand wou  inklim nie; White Shark Projects vir hul bussie en Jerome beskikbaar gestel het aan Das en Henk om dit te bestuur. “Nogmaals baie dankie aan almal wat saamgestap het en veral vir die staporganisering deur Anita Botha - julle is ‘n span duisend.” Francia  se groot  dankbaarheid  gaan aan elke persoon wat ‘n donasie gemaak het, hoe groot of klein ookal. “Dalk maak ons volgende jaar weer so!”

Hardus Botha

Klein Neve (3 maande) van Johan en Heidie Kruger het die stappery die meeste geniet

Uiteindelik, die einpunt het aangebreek vir ‘n worsbroodjie en ander lekkernye - Ingrid en Crofton Arbuthnot

Suksesvolle Skemerstap

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant