Trotse Umnenge Lodge

Trotse Umnenge Lodge

Gansbaai Courant

 “Ek beskou hierdie toekenning vir die skoonste gastehuis vir 2013 deur Venere.com as ‘n groot eer,” vertel Mary Searle van Umnenge Lodge in De Kelders. Sy en haar eggenoot, Richard, bedryf die gastehuis nou sowat 6 jaar en het ook in 2012 TripAdvisor se "2012 Certificate of Excellence" toekenning ontvang.

Januarie vanjaar het hulle die gesogte toekenning, “Top Clean 2013” van Venere.com ontvang. Gedurende Februarie is ‘n tweede epos vanaf Venere.com ontvang, met die nòg meer gesogte toekenning, “Top Overall Ratings 2013”. Daarmee saam is die opmerking gemaak dat slegs 5,000 gastehuise/hotelle uit 135,000 wêreldwyd hierdie toekenning ontvang het.

"Umnenge" is ‘n Xhosa-uitdrukking wat “walvis in die baai” beteken en heenwys op die Southern Right walvisse wat jaarliks vanaf ±Julie tot Desember hier te siene is. Mary kan by 028-384-1684 gekontak word.

Hardus Botha

Trotse Umnenge Lodge

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant