“Die manne kan nou self sien - moenie te gou handdoek ingooi nie, die visse is hier, wees net geduldig,” vertel ‘n trotse Kenny Marthinus.
Hy het op Maandagaand, 17 Maart 2014 teen omstreeks 19:00 ‘n yslike 19kg Kabeljou by Haaiklip gevang. “Ek het sardyn as aas gebruik en gelukkig was my hoek groot genoeg,” sê hy. “Ek wil net dankie sê vir Niel wat my gehelp het om die ou grote uit die water te kry.” Niel se eie grote het net-net weggekom omdat sy hoek nét te klein was.
Kenny sê hy vang gereeld by Haaiklip en kan spog met goeie vangstes, maar hierdie was die grootste wat hy nóg daar gevang het. “’n Man mag mos maar trots wees op ‘n vis soos hierdie,” het Kenny gespog.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More