WKOD Litnum toetse

WKOD Litnum toetse

Gansbaai Courant

Laerskool Gansbaai het in 2013 weer eens uitstekend gevaar in die Wes-Kaap Onderwys Departement se jaarlikse Geletterdheid- en Gesyferdheid Sistemiese Toetse.

Hierdie inisiatief van die WKOD poog om by wyse van Sistemiese Toetse die standaard van die graad 3 en graad 6-leerders se Tale en Wiskunde te bepaal ten einde leemtes en gebreke uit te wys vir moontlike ondersteuning.

Tydens die afgelope Litnum Prestige Toekennings geleentheid gehou te Caledon, is Laerskool Gansbaai beloon vir hul prag-prestasies. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Laerskool Gansbaai so goed vaar. In 2012 het hulle in die vyf kategorieë waarvoor die skool in aanmerking kon kom, drie eerste plekke en een derde plek behaal.   Eerste plekke is behaal in Tale (Gr 3), Wiskunde (Gr 3), Tale en Wiskunde gesamentlik (Gr 3 & 6) en ‘n derde plek in Tale (Gr 6).

Vanjaar is die kategorieë verminder na drie en Laerskool Gansbaai het in twee van die drie plekke behaal, naamlik ‘n 3de plek in Uitnemendheid in Tale en Wiskunde gesamentlik (Gr 3 & 6) en ‘n fenominale 1ste plek in Wiskunde (Gr 3 &6).  Voorwaar ‘n briljante prestasie!

Hiermee word bewys dat ‘n klein skool soos Laerskool Gansbaai beslis “groot skoene” volstaan en uitstekend vaar teen groter skole soos, LS Hermanus,  LS Bredasdorp, LS Overberg en LS De Villiers Graaff wat in dieselfde kategorieë deelgeneem het.

Alana Louw (Departementshoof, Grondslagfase), Eben van der Merwe (Skoolhoof), Marlene Koekemoer (Departementshoof, InterSen Fase)

Om die woorde van mnr Morkel van Niekerk, lid van LS Gansbaai Beheerliggaam aan te haal:  “Baie geluk aan die skool. Dit is weer eens ‘n enorme eer vir uitstekende werk deur die personeel. Skoolhoof en personeel, ons as beheerligaam is trots op julle.”

WKOD Litnum toetse

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant