Retha Gerber, Susan van Heerden en Rita du Preez,almal oumas wat vir Bianca omgee.
Pas nadat me Retha Gerber, voorheen van Franskraal en nou 'n Bloemfonteiner, die berig oor Bianca de Koning se aankoms by die Universiteit van Bloemfontein in Die Volksblad gelees het, het haar hart 'n punt terug see toe getrek. Sy sê haar moederinstink het haar laat besluit dat daar iemand in Bloemfontein ook moet wees om na haar om te sien. Retha het onmiddellik haar vriendin, ook in Sewe Damme Oord, me Rita du Preez genader en saam het hulle 'n aksieplan opgestel en in net meer as 'n uur, kon hulle 'n nuwe mikrogolf-oond en R1500 insamel. OK Gansbaai en andere het Bianca van die basiese noodsaaklikhede voorsien en Retha en Rita kon handdoeke, 'nboeksak, bedmatjie, bedlamp, waaier, eetgerei, bord en bekers aankoop. Die orige geld is in haar studentekaart-rekening inbetaal.
Op 'n vraag aan Retha en Rita wat hulle van Bianca opgeval het, het beide gelyktydig geantwoord: “Haar opvoeding! Bianca sê ‘dankie Tannie’ elke keer as ons iets vir haar gee, 'n mens kry dit nie meer elke dag nie, en sy bedóél dit”, sê hulle. Tydens die onderhoud met die van Heerdens wat op Bloemfontein oorgeslaap het op pad Pretoria toe, is die behoefte aan 'n verwarmer ook aangeteken. “Ek weet nie of die kind weet hoe koud kan Bloemfontein se winters word nie”, sê Retha. “Gansbaai kan nooit so koud word as hiér nie”. Van die ander dames in die oord het ook al onderneem om gereeld vir Bianca beskuit en koekies te bak.
Twee Bloemfontein-oumas het 'n Gansbaai-student aangeneem. As daar nog weldoeners is, kan Dries en Susan geskakel word by sel no 0828234872. Hulle gee dit graag deur vir die aanneem oumas.
Dries van Heerden
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More