Oud Gansbaaier neem Bianca onder haar vlerk

Oud Gansbaaier neem Bianca onder haar vlerk

Gansbaai Courant

Retha Gerber, Susan van Heerden en Rita du Preez,almal oumas wat vir  Bianca omgee.

Pas nadat me Retha Gerber, voorheen van Franskraal en nou 'n Bloemfonteiner, die berig oor Bianca de Koning se aankoms by die Universiteit van Bloemfontein in Die Volksblad gelees het, het haar hart 'n punt terug see toe getrek. Sy sê haar moederinstink het haar laat besluit dat daar iemand in Bloemfontein ook moet wees om na haar om te sien. Retha het onmiddellik haar vriendin, ook in Sewe Damme Oord, me Rita du Preez genader en saam het hulle 'n aksieplan opgestel en in net meer as 'n uur, kon hulle 'n nuwe mikrogolf-oond en R1500 insamel. OK Gansbaai en andere het Bianca van die basiese noodsaaklikhede voorsien en Retha en Rita kon handdoeke, 'nboeksak, bedmatjie, bedlamp, waaier, eetgerei, bord en bekers aankoop. Die orige geld is in haar studentekaart-rekening inbetaal.

Op 'n vraag aan Retha en Rita wat hulle van Bianca opgeval het, het beide gelyktydig geantwoord: “Haar opvoeding! Bianca sê ‘dankie Tannie’ elke keer as ons iets vir haar gee, 'n mens kry dit nie meer elke dag nie, en sy bedóél dit”, sê hulle. Tydens die onderhoud met die van Heerdens wat op Bloemfontein oorgeslaap het op pad Pretoria toe, is die behoefte aan 'n verwarmer ook aangeteken. “Ek weet nie of die kind weet hoe koud kan Bloemfontein se winters word nie”, sê Retha. “Gansbaai kan nooit so koud word as hiér nie”. Van die ander dames in die oord het ook al onderneem om gereeld vir Bianca beskuit en koekies te bak.

Twee Bloemfontein-oumas het 'n Gansbaai-student aangeneem. As daar nog weldoeners is, kan Dries en Susan geskakel word by sel no 0828234872.  Hulle gee dit graag deur vir die aanneem oumas.

Dries van Heerden

Oud Gansbaaier neem Bianca onder haar vlerk

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant