Hoer pryse vir groen huise in vooruitsig

Hoer pryse vir groen huise in vooruitsig

Gansbaai Courant

Onafhanklike bronne vir energie en water gaan in die toekoms 'n groter rol speel in die bemarking van wooneiendom in SA. 

Dit is die mening van Richard Gray, uitvoerende hoof van die Harcourts-eiendomsgroep, wat glo dat eiendom wat nie heeltemal van dienste wat deur plaaslike owerhede verskaf word afhanklik is nie - of sogenaamde "off-grid" eiendom - binnekort gesog gaan word. 

Nuwe huise in veiligheidskomplekse en landgoedere met hul eie noodkragopwekkers en waterbronne wat ingevolge die nuwe riglyne vir energiedoeltreffendheid ontwerp is, gaan heel waarskynlik baie gesog word, sê hy, maar kopers sal ook bereid wees om 'n premie te betaal vir gewone voorstedelike huise wat met 'groen' toerusting spog.  

"Dit blyk duidelik uit onlangse gebeure dat voorsiening van noodsaaklike dienste aan SA huishoudings al hoe meer onseker en wisselvallig word - en nie net in informele nedersettings of landelike dorpies nie. Dit is nou glad nie meer ongewoon dat groot dele van stede dae lank sonder elektrisiteit of water moet klaarkom nie. 

"En hoewel inwoners gewoond geraak het aan kragonderbrekings sedert Eskom beurtkrag in 2007 ingestel het, is die reuse stygings in die prys van elektrisiteit 'n bron van groot kommer vir menige verbruiker. Dit geld ook vir die swak bestuur van SA se toenemend ontoereikende watervoorsiening en verbruikers vrees omvattende waterbeperkings en doelbewuste 'beurtwatervoorsiening' is net om die draai." 

Gelukkig, sê Gray, is dit redelik maklik om tot 'n groot mate self vir energie sowel as water te sorg. "Die meeste opsies kos nie veel oor die langtermyn nie en die koste word gewoonlik redelik maklik verhaal wanneer die eiendom verkoop word - en ons verwag dat dit toenemend die geval gaan wees. 

"Ons verwag gevolglik dat duisende meer SA huishoudings binnekort die voordele van kragopwekkers, hitteruilers, gasstowe en sonkrag warmwatertoestelle en panele, sowel as reënwatertenks, en wind- en sonkragpompe vir boorgate gaan insien." En met die prys van voedsel wat weens droogte en duurder vervoer die hoogte inskiet, gaan dit huiseienaars toenemend betaal om 'n deel van hul tuin en herwonne badwater of reënwater in tenks te benut om 'n produktiewe groentetuin tot stand te bring, sê hy.  "As dit soos 'n beskrywing van die einde van die beskawing klink, is dit nie die bedoeling nie. Watertekorte is ook algemeen in ander dele van die wêreld, soos Australië en Kalifornië, terwyl stede in Asia en Suid-Amerika ook ernstige probleme met kragvoorsiening en beurtkrag in die gesig staar. "Dis bloot 'n feit dat hulpbronne wêreldwyd skaars is - en dit maak sin ter wille van die omgewing sowel as jou sak om 'n gerieflike leefstyl te verseker deur jou eiendom so selfversorgend moontlik te maak ten opsigte van krag- en watervoorsiening."

Hoer pryse vir groen huise in vooruitsig

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant