Solidariteit Helpende Hand in Gansbaai

Solidariteit Helpende Hand in Gansbaai

Gansbaai Courant

Solidariteit Helpende Hand, wat ‘n tak in Gansbaai het, is ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO).

“As NWO moet ons aan verskeie vereistes voldoen wat verder bemoeilik word deurdat die lede net uit vrywilligers bestaan,” sê Gansbaai-tak se voorsitter, Maretha Geldenhuys. “Top-administratiewe stelsels is van kardinale belang om die organisasie en sy lede se integriteit en geloofwaardigheid te beskerm.” Maretha sê hulle ontvang geen lotto- of regeringsfondse nie en is alleenlik op skenkersgelde aangewese. Helpende Hand se sienswyse is dat dit nie doeltreffend is om gemeenskappe slegs met behulp van toelaes en skenkings te probeer ophef nie, maar eerder “opheffing-deur-opleiding”. “Onmiddelike behoeftes soos kos en klere is wel van groot belang, maar ons betrokkenheid mag nie daar stop nie,” sê sy.

Helpende Hand is reeds in 1949 as antwoord op die armoedekrisis ná die Tweede Wêreldoorlog gestig. Fondse word bekom deur middel van 27,000 maandelikse debietroders (tans) wat aangewend word vir hulpverlening aan weerlose kinders, bejaardes, werkloses en geskendes deur projekte soos die Kosblikkie-, Bemagtig-‘n- Kind- en Oupa en Ouma- projekte.

In  2013 is 6,500 kinders met voeding en opleiding gehelp, met sowat 5,400 kinders wat voordeel uit die voedingskema ontvang het. Sowat 21,200 Gr 1 leerders het reeds by die “Skooltassie”-projek baat gevind. Met die 8ϵTAS-projek wil Helpende Hand die kritieke area van wiskunde-onderrig aanpak. Daardeur kan Gr 8 leerders vir 2 jaar ondersteuning in wiskunde en beroepsleiding ontvang. Die “Bemagtig-‘n-Kind”-projek het reeds meer as R1,15m spandeer en sowat 480 kinders het reeds in 2013 hulp ontvang. “Die doel is om kinders finansieël by te staan en skoolhoofde, onderwysers of terapeute kan leerders se behoeftes skriftelik by ons plaaslike tak aanmeld,” sê Maretha.

“Die Afrikaanse Beurs Instituut bestaan reeds 6 jaar en het in 2014 meer as R20m uitbetaal waarmee meer as 3,000 studente gehelp is.” Die Gansbaai-tak van Helpende Hand kan ondersteun word deur donasies, nie-bederfbare voedsel, klere, breekware en enige onbenutte meubels te skenk. “Dit kan by ons afgegee word, of ons sal dit by die skenkers gaan afhaal,” sê Maretha. ‘n 18A-belastingsertifikaat kan op versoek uitgereik word. “Indien daar ondersteuners is wat bereid is om ‘n debietorder van R50 per maand te voltooi, kan dit by enige bestuurslid verkry word.”

Vir enige vorm van ondersteuning, skenkings of debietorders kan Maretha Geldenhuys (voorsitter) by 082-805-3964 gekontak word, of skakel vir Melody Scheepers (tesourier) by 082-713-8880.

Hardus Botha

Solidariteit Helpende Hand in Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant