Gerhard Steyn (links) vertel die volgende storie.
Hy het op die 18e Maart met sy klein rubberbootjie naby Haaiklip gelê en was gelukkig om drie mooi kabeljoue te vang.
Gewoonlik, sê hy, breek hy die nek van die vis omdat die boot so laag in die water lê en dit verhoed dat die vis weer terugspring. Toe hy die vierde een vang, en dit was ‘n knewel van so 9, 10 kg., het hy hom egter met die knuppel bygekom (seker omdat hy meer menslik wou wees!), en plaas hom toe by die ander. Na so twintig minute het hy ‘n geraas gehoor en met die omkyk was hy net betyds om te sien hoe sy bedwelmde vis na vryheid swem. Hy was al een wat vis gevang het en het nog geskree na die ander bote dat hulle dalk ‘n gelukkie gaan kry indien hulle die vis sien swem en kan vang.
So bietjie later gewaar hy toe dat ‘n kanthengelaar by Haaiklip sy kabeljou teen die wal vaskeer en optel. (Dis net ‘n bedwelmde vis wat só gevang kan word) Gerhard se boodskap aan hom? “Geluk ou maat, hoop jy het lekker geeët!”
Albert Potgieter
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More