Hoop my vis het lekker gesmaak

Hoop my vis het lekker gesmaak

Gansbaai Courant

Gerhard Steyn (links) vertel die volgende storie.

Hy het op die 18e Maart met sy klein rubberbootjie naby Haaiklip gelê en was gelukkig om drie mooi kabeljoue te vang.

Gewoonlik, sê hy, breek hy die nek van die vis omdat die boot so laag in die water lê en dit verhoed dat die vis weer terugspring. Toe hy die vierde een vang, en dit was ‘n knewel van so 9, 10 kg., het hy hom egter met die knuppel bygekom (seker omdat hy meer menslik wou wees!), en plaas hom toe by die ander. Na so twintig minute het hy ‘n geraas gehoor en met die omkyk was hy net betyds om te sien hoe sy bedwelmde vis na vryheid swem. Hy was al een wat vis gevang het en het nog geskree na die ander bote dat hulle dalk ‘n gelukkie gaan kry indien hulle die vis sien swem en kan vang.

So bietjie later gewaar hy toe dat ‘n kanthengelaar by Haaiklip sy kabeljou teen die wal vaskeer en  optel. (Dis net ‘n bedwelmde vis wat só gevang kan word) Gerhard se boodskap aan hom? “Geluk ou maat, hoop jy het lekker geeët!”

Albert Potgieter

Hoop my vis het lekker gesmaak

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant