Fotografieklub geniet Mierkraal

Fotografieklub geniet Mierkraal

Gansbaai Courant

Ernst Conradie, eienaar van die plaas Mierkraal, met een van sy spog Amerikaanse skouperde (Foto: Riaan Jacobs)

‘n Deel van Gansbaai Fotografieklub se jaarprogram is om interessante uitstappies te reël. “Dit dra nie net by tot ‘n samehorigheidsgevoel nie, maar dit bied ook geleenthede vir klublede, en veral beginners, om praktiese ervaring op te doen,” sê Christo Wessels, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub.

“Ons klub se Bredasdorp-uitstappie op 22 Maart na die plaas, Mierkraal van Ernst Conradie het uiters suksesvol verloop en is terdeë deur almal geniet, met pragtige foto’s wat geneem is.” Christo sê dit is ‘n pragtige saai- en beesplaas in die Bredasdorp-omgewing en dit was vroeg-opstaan vir die lede wat reeds om 05:00 vanaf Gansbaai vertrek het. Hy sê met hulle aankomslag op die plaas het sommige lede summier hul kameras en driepote gegryp en begin foto’s neem, terwyl ander eers ‘n lekker slukkie koffie agter die blad wou kry. Die lede het toegang tot die hele plaas gehad en het dit behoorlik benut om die landgoed van hoek tot kant te verken - met kamera’s wat maar nie kon ophou met klik-klik nie.

“Van die fokuspunte wat veral baie aandag getrek het, was onder andere die plaashuise, ‘n ou skaapkraal, damme, voëls, murasies en landerye,” vertel Christo. “Een van die absolute hoogtepunte was die lede se besoek aan die skouperde.” Ernst het ‘n aantal top Amerikaanse skouperde en het hulle spesiaal aan die lede vertoon om rustig foto’s te kon neem. Die klublede was dit eens dat die besoek aan die pragtige plaas daarmee op ‘n hoë noot afgesluit is. Lede word daaraan herinner dat daar nie op 21 April ‘n byeenkoms sal wees nie, maar wel op Maandag, 28 April, waartydens almal se plaasfoto’s dan besigtig sal word. Lede word ook aan die interne kompetisie met die tema “reflections” herinner. A4 foto’s moet voor of op 19 Mei 2014 ingedien word.

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 geskakel word, of skakel vir Linda Kloppers by 082-550-7313.

Hardus Botha

Fotografieklub geniet Mierkraal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant