Werkskepping Hoogste Prioriteit vir DA

Werkskepping Hoogste Prioriteit vir DA

Gansbaai Courant

Vir die Demokratriese Alliansie is werkskepping die hoogste prioriteit. Van die 141 500 nuwe werksgeleenthede wat verlede jaar in Suid-Afrika geskep is, was 96 000 in die DA beheerde Wes-Kaap, dubbel soveel as in al die ander provinsies saam.

Die onlangse optog van die DA in Gauteng was om die belangrikheid van dié kwessie onder die aandag van die ANC as die regerende party in die land en sy bondgenoot vakbonde te bring.

Die tweegesigbenadering van die ANC – om aan die een kant werksgeleenthede voor te hou en aan die ander kant sy bes te doen om groei en werkskepping te ondermyn – moes aan die kaak gestel word.

Só het mnr Alan Winde, Wes-Kaapse Minister van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Dinsdagmiddag by ‘n openbare vergadering in die Kleinmond-stadsaal gesê.

Hoewel die vergadering soos verwag weens sy tydsgleuf om halfeen in die dag nie ‘n groot opkoms getrek het nie, het mnr Winde ‘n kragtige boodskap gelewer en tot die kern van die kwessies vir die komende nasionale en provinsiale  verkiesings op 7 Mei vanjaar gesny.

Winde het toegegee dat munisipale aangeleenthede nie van die verkiesing losgemaak kan word nie, maar daarop gewys dat die Wes-Kaap die nommer een plek op alle meetinstrumente van die staat vir dienslewering beklee, soos toegang tot kraanwater, spoeltoilette en elektrisiteit. Die persentasies is baie hoog in die negentig, maar hy sê daar is nog baie werk om te doen. Dienslewering geskied deur plaaslike owerhede.

Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie het in ‘n inleidende boodskap gesê daar is uitstekende samewerking tussen die Wes-Kaapse regering en die Munisipaliteit Overstrand en dat die provinsiale owerheid die afgelope tyd altesame R963 miljoen aan infrastruktuurontwikkeling in die munisipale gebied bestee het.

Dit sluit die herseël van die R44, waarvan die finale koste nog nie beskikbaar is nie, in. Nuwe skole en verbeterings aan bestaande skole is in Gansbaai, Zwelihle en Hawston aan die gang, terwyl ‘n nuwe daghospitaal in Zwelihle feitlik voltooi is.

Mnr Winde het sterk gefokus op onderwys, want een van die grootste versperrings in die pad van ekonomiese groei is die vaardigheidstekort wat in die land en in die Wes-Kaap ondervind word. Aansporingsgeld word tans deur die provinsie beskikbaar gemaak om die vakleerlingskapstelsel weer aan die gang te kry.

Die verlies van leerders van graad 1 tot 12 wat nasionaal meer as 60m persent beloop, is daadwerklik deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement onder die leiding van die minister Donald Grant getakel. Die verliespersentasie is in minder as vyf jaar tot 48 persent afgebring en die mikpunt is om dit tot 35 persent afgebring.

Daar word ook baie aandag gegee aan die bevordering van wiskunde en wetenskap as vakke, twee velde waarin Suid-Afrika van die swakste in die wêreld vaar.

Swakpresterende hoërskole is van 28 tot 8 in die DA-dienstydperk verminder en daar word gehoop om dit teen die einde van die jaar op nul te staan te bring.

In dieselfde tyd is 74 nuwe skole gebou en nog 23 word vanjaar afgelewer.

Lede van die gehoor het gepleit vir ‘n hoër skool op Kleinmond en die uitbreiding van die plaaslike laerskole. Burgemeester Botha-Guthrie het gesê die behoefte is reeds aan die provinsie deurgegee en mnr Winde het onderneem om te kyk of die behoefte al in die langertermynbegroting opgeneem is.

Mnr Winde sê hoewel die besteding aan infrastruktuur die afgelope tyd verdriedubbel het, het die span wat daarvoor sorg dieselfde gebly. Die geheim is volgens hom politieke leierskap.

Vele ander kwessies is tydens die vergadering aangeroer, wat die bekamping van korrupsie ingesluit het. Winde het onder meer gesê ‘n volledige hersiening van die land se belasting is nodig. In baie gevalle is die koste van belastinginvordering, soos die e-tolstelsel, nie koste-effektief nie.

SSMA/Fanie Krige

Werkskepping Hoogste Prioriteit vir DA

SSMA Fanie Krige

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant