Klugspel Operette

Klugspel Operette

Gansbaai Courant

Die Houtkapper, Sneeuwitjie en Rooikappie hard besig om te oefen

Met die NG-gemeente se koorlede hard aan die oefen oor die afgelope paar weke, is hulle beplande klugspel-operette, Sneeuwitjie en die 7 Bergies, beslis iets om na uit te sien. Dit voldoen in alle opsigte aan die woordverklarings van “klugspel” en “operette”: humor, skreeusnaakse tonele, die onmoontlike en gepaardgaande met sang en musiek.  “Ons wil die gehoor laat skaterlag soos lanklaas, maar tersefdertyd wil ons fondse op hierdie wyse insamel as ons bydrae tot die herstel van die kerkhorlosie,” sê Aletta Lochner, koorafrigter en ook regisseur van die operette.

Al die toneelspelers, insluitend Sneeuwitjie en die bose Koningin, word deur manlike koorlede vertolk. Die dameslede sorg vir bykomende- en agtergrond koorsang, met Annelene Reinke agter die klavier as begeleier.

Al die karakters is daar - Sneeuwitjie, die bose ko-ningin, die 7 Bergies wat by ‘n plaaslike myn werk, die Lakei, die Waarsêer en die Houtkapper, die prins op sy besemstokperd, met selfs Rooikappie wat haar verskyning maak.

Met die finale “aanslag” op Sneeuwitjie se lewe, kom die Bergies gelukkig vroeg van die myn af as gevolg van ‘n staking, waarna die prins op sy besemstokperd opdaag, met ‘n gerunnik wat wie weet waar gehoor kan word.

Voorbeelde van liedjies wat skreeusnaaks by die toneelspel pas, is onder andere Aanstap Rooies, Boegeberg se dam, Catch a falling star, Handvol vere, Lord its hard to be humble, Maggie en veel meer. Meer mag nie uitgelap word nie.

Koop gerus nou reeds die kaartjies by die NG-kerkkantoor (028-384-0510): R40 (volw) en R20 (kinders).

Die klugspel-operette word op Vrydagaand en Saterdagaand, 25 en 26 April 2014 om 19:00 vir 19:30 in die Pretoriussaal aangebied.

Hardus Botha

Die vrolike NGK Koorlede tydens ‘n inoefening van die klugspel, Sneeuwitjie en die 7 Bergies

Klugspel Operette

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant