Van Visserman na Raka wyne

Van Visserman na Raka wyne

Gansbaai Courant

“My pa, Gerhard Dreyer het in 1964 ‘n 27vt oopskuit, Mariana, by oom Hennie Ritter gekoop en met haar in Stilbaai gaan visvang, en dis waar my liefde vir die see begin het,” vertel Piet Dreyer (bo), eienaar van Raka Wyne. Hy is in Hermanus gebore, word op ‘n plaas in die Oos-Kaap groot en matrikuleer aan die Strand. Ná sy verpligte militêre diens besluit Piet op ‘n vissermans-beroep, wat hy vir sowat 36 jaar be-oefen het en steeds by betrokke is. Hy tree met Elna in die huwelik en besluit om die familieplaas, Remhoogte in die Akkedispas-berge te koop, waar hy met vee begin boer. Later het hy sitrusbome aangeplant en nóg later (1999) sy eerste wingerde. Die egpaar het 3 seuns en ‘n dogter: Gerhard - ook ‘n visserman soos sy pa, wat nou die visbedryf by sy pa oorgeneem het om hom meer tyd vir sy wynmaak-passie te gee; Josef - wynmaker; Pieter - wingerdbouer; Jorika - Raka se wynproekamer-bestuurder. Dus, ‘n familie-wynmakery op sy beste.

“Ek is steeds betrokke in die visbedryf, maar gaan selde see toe,” sê Piet. “Benewens my wynproduksie-en boerdery aktiwiteite, is ek ook direk-teur van Raka Marine.” Raka Wyne is na Piet se swart vissersboot, RAKA (DDF 172 ATCF), vernoem. Dié naam kom van NP van Wyk Louw se gedig, Raka. Piet sê die hele familie spring gedurende oestye in om te help en al sy parswerk word nog met die hand gedoen. Raka Wyne spog met etlike hoogaangeskrewe toekennings oor jare heen. Besoek gerus hul webtuiste, www.rakawine.co.za vir puik Raka-wyne. Piet het onlangs ‘n aanbieding aan Gansbaai Wynproegilde aangebied en Francois de Jongh, redakteur van Gansbaai Courant, het van sy boot, RAKA gehoor. Francois het jare gelede ‘n gelamineerde foto van die einste swart vissersboot as ‘n geskenk ontvang. Dié foto het vir etlike jare in hy en Deonara se Skulpieswinkel in Gansbaai gehang. Nadat hulle die Skulpieswinkel verkoop het en Gansbaai Courant sowat 16 jaar gelede begin het, het hy steeds die foto bewaar. Nou het Francois besluit om die foto aan Piet te skenk om in sy proe-lokaal te hang.

Hardus Botha

Raka Wyne se swart vissersboot, Raka

Van Visserman na Raka wyne

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant