Spoggerige funksie

Spoggerige funksie

Gansbaai Courant

Regs ontvang De Wet Giliomee sy prys vir die swaarste vis,  ‘n Rooi Roman (2.1kg) van die Wedstrydsekretaris,  Johan Burmeister

Dit was weer tyd vir die maandelikse funksie van die Birkenhead Boothengelklub ná ‘n warm dag op see - sommer spoggerig en baie gesellig. Etlike pryse is aan die hengelaars van die vyf bote wat ingeweeg het, oorhandig.

De Wet Giliomee het die swaarste vis (Rooi Roman - 2.1kg) gevang, met Johan Burmeister wat die swaarste sak ingepalm het, terwyl net hyself en sy dogter, Yolandi, die boot beman het. (Volledige uitslae in die volgende uitgawe) Daarna kon die aand se genietinge begin, met smaaklike stokvis, skyfies, slaaie en ‘n nagereg. Voor en na die ete het Raymond Rabe soos gewoonlik die Musiekfabriek behoorlik aan die gang gehou en kon die jeukende voete tot baie laataand op die dansvloer gekrap word. Klublid Johan Hanekom is spesiaal gelukgewens met sy 75ste verjaardag die volgende dag op 13 April, asook met hy en sy eggenote, Cecile se 53ste huweliksherdenking op 15 April. Johan Wiesie het vir klublid Annette Lötter gekry om die geluktrekkings te doen, met Pop Malan en Derrick Jerrard wat elk ‘n gelukkige wenner van ‘n goeie bottel wyn was.

Ongelukkig moes die klub se Foefiebeker weer nader gebring word vir De Wet Giliomee wat daaruit moes drink. Hy het met ‘n mede-hengelaar gesels toe sy visstok uit sy hande geruk is. Gelukkig vir hom het ‘n ander hengelaar kort daarna sy stok per abuis “gevang” en ingekatrol, maar drink moes hy maar uit die Foefiebeker. Kennis moet geneem word dat boothengelkompetisies nie meer noodwendig op die 1ste Saterdag van elke maand plaasvind nie. Die volgende boothengelkompetisie is vir 24 Mei 2014 geskeduleer, insluitend die gebruiklike en gesellige aandfunksie. Dan word ‘n gesellige Moedersdagete vir Sondag, 11 Mei beplan, wat nie misgeloop moet word nie.

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Hardus Botha

Spoggerige funksie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant