Roboklub nou by Academia

Roboklub nou by Academia

Gansbaai Courant

Vlnr is twee Gr 8 Academia-leerders, Lorenzo Salies en De-Hann du Plessis met hulle robotskepping, Irobot, met Frank Coetzer agter hulle

 “Die Enlighten Educational Trust in Hermanus se ET Robo Club is in Mei 2013 as ‘n na-ure skoolaktiwiteit gestig wat naskool deur leerders bygewoon word,” vertel Frank Coetzer. “Ons het nou besluit om hierdie leersame, maar interessante projek na Gansbaai Academia uit te brei.” Leerders moet minstens 14 jaar oud wees en nie die ouderdom van 16 gedurende die jaar bereik nie.

Die byeenkomste vind elke Maandagmiddag om 14:30 in die Gansbaai Academia restaurant plaas. Frank sê Lego Mindstorm robot-monteerstelle word gebruik vir die bou van robotte om bepaalde take uit te voer. Twee Gr 8-leerders het hulle eerste robot Maandag bekendgestel, wat summier as Irobot gedoop is. Hulle is Lorenzo Salies en De-Hann du Plessis en was gretig om ‘n demonstrasie uit te voer. Irobot is geprogrammeer om na ‘n bepaalde voorwerp te beweeg en dan sowat 30cm voor die onderwerp te stop en te retireer - dié opdrag is foutloos uitgevoer. Die robot is geprogrammeer om vanaf ‘n skootrekenaar instruksies uit te voer.

Klubaktiwiteite is wêreldwyd gekoppel en die moontlikheid van kompetisies op hoëvlak wag vir entoesiastiese klublede. In 2011 het byvoorbeeld meer as 200,000 lede op internasionale vlak deelgeneem. Meer hieroor in latere uitgawes. Frank sê jaarliks gedurende September word daar op ‘n nuwe uitdaging wat op ‘n relevante tema fokus, besluit. Leerders moet self die nodige navorsing doen ten einde die uitdagung gestand te doen, met sekere take wat deur die robotte uitgevoer moet word. “Hulle sal ook streeksbyeenkomste bywoon waartydens hulle hul kennis, idees en die bekendstelling van hulle robotte met mekaar kan deel,” sê Frank. “Hierdie projek help leerders met probleemoplossings, kritiese denke, spanwerk en openbare kommunikasie.”

Frank Coetzer kan by 079-782-1049 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by frankcoetzer@adept.co.za.

Hardus Botha

Roboklub nou by Academia

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant