Van die kontrakteurs, departementele afgevaardighede, beheerliggaamlede en skoolhoof, Tommy Wilson.
Gansbaai Academia het in vier jaar met rasse skrede gegroei en die skool het letterlik uit sy nate gebars. Die gevolg was dat van die personeel nie klaskamers gehad het nie. Die Departement van Onderwys het goedgunstelik drie mobiele eenhede laat oprig. Bouwerk het vinnig gevorder en die klaskamers is Maandag 14 April amptelik ingewy. Dit is ‘n groot positiewe punt dat daar so ‘n groot groei is vir die hoërskool en dat daar werklikwaar ‘n behoefte was en nog steeds is vir ‘n plaaslike hoërskool. Elke dag wat verbygaan kan die gemeenskap sien in die welslae wat deur die skool bereik word hul drome bewaarheid word en met die samewerking van die mense van Gansbaai kan Academia ‘n skool van uitnemendheid word.
Liezel Mostert
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More